Jongste oor fondsinsameling vir sportstadion

‘n Ontbyt is onlangs met verskillende belanghebbendes gehou om fondse in te samel om Namibiese sportstadions op te gradeer. Die Namibiese sportministerie doen steeds ‘n beroep op die sakesektor om geld te skenk vir die oprgradering van die Onafhanklikheidstadion in die hoofstad. Die opknapping van die stadion is nie net om voorsiening te maak vir die aanbieding van die 2027 Afrikabeker van Nasies, Afcon, waarin Namibië en Botswana belangstelling uitgespreek het nie, maar ook vir die nasionale sokkerspan, die Brave Warriors wat tans Suid-Afrika as hul tuisveld moet gebruik. Hoewel die regering 50 miljoen Namibiese dollar vir die opknappingswerk bewillig het, sal die totale koste 98 miljoen dollar beloop. Die sportminister Agnes Tjongarero het die jongste in verband met die skenkings.