Jongste oor die vuur agter Ludwigsdorf

Die vuur wat agter Ludwigsdorf uitgebreek het brand steeds, maar dieper in die berge. Die brandweer sowel as lede van die Namibia Marshal Rangers is ontplooi en sommige spanne het deur die nag gewerk om die woonbuurt te beskerm. Volgens Sean Naude van die Marshal Rangers, sal die brandweer vanoggend bepaal wat die stand van sake is.