Geen datum vir verkiesing van ampsdraers vir Stad Windhoek nie

Daar is steeds geen uitsluitsel oor wanneer Stad Windhoek se ampsdraers verkies sal word nie. Luidens berigte in plaaslike media het die stadsraad se voorsitter, Sade Gawanas aan die lyn minister Erastus Uutoni geskryf en gesê die raad moet nog ‘n datum bepaal. Lede van Swapo en IPC het tydens die verkiesing laas week Donderdag uitgestap en dus is niemand verkies nie. Gawanas sê alle raadslede is reeds gekontak in ‘n poging om ‘n datum vir die verkiesing vas te stel.