Jongste oor dagga-navorsing

Die Kabinet het die insette en voorstelle deur die gesondheidsministerie oor die wettiging van dagga in Namibië verwerp. Die ministerie het reeds in November verlede jaar insette van die publiek aangevra. Kabinet het onlangs beslis dat verdere navorsing oor die impak van dagga op die Namibiese gemeenskap gedoen moet moet. Kosmos 94.1 Nuus het met Johannes Gaeseb, registrateur van die Reguleringsraad vir Medisyne oor die jongste gepraat.