
Hamas het sy mes in vir Popular Forces-leier - July 3, 2025
Die owerhede in die Hamas-beheerde Gaza het aanklagte van hoogverraad teen die 35-jarige leier van ‘n groep aanhangig gemaak wat beskuldig word dat hulle gedurende die Gaza-offensief saam met Israel werk. Yasser Abu Shabab is die vermeende hoof van die Popular Forces-groep. Palestynse media sê die groep is aktief in die Israelies-beheerde gebied oos van […]
Owen Farrell opgeroep na Britse en Ierse Leeus - July 3, 2025
Rugby: Die gewese Engelse kaptein, Owen Farrell, is onverwags opgeroep na die Britse en Ierse Leeus in Australië nadat die veelsydige agterspeler, Elliott Daly sy arm gekraak het. Die 33-jarige het al drie keer saam met die Leeus getoer en is die seun van hoofafrigter Andy Farrell. Hy het die laaste van sy 112 toetse […]
Gratis kankerondersoeke Saterdag op Rosh Pinah - July 3, 2025
Die Kankervereniging van Namibië sal Saterdag ‘n gratis kankerondersoekkliniek in Rosh Pinah aanbied. Pap-smere, borsondersoeke en prostaat-blitstoetse sal beskikbaar wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië.
Onder-21 mans- en vrouespanne maak gereed vir Hokkie Wêreldbekers - July 3, 2025
Die lotings vir die 2025 Onder-21 Hokkie Wêreldbekers vir beide die mans- en vrouetoernooie is afgehandel. Namibië se junior mansspan onder afrigter Johann Weyhe sal in November in Indië aan die manstoernooi deelneem, waar hulle in Groep D geloot is saam met Spanje, België en Egipte. Die junior vrouespan onder afrigter Sedtric Makati speel in die […]
Ysland se Fishrot-saak sal nie plaaslike saak raak nie - July 3, 2025
Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa, sê die ondersoek na die Fishrot-skandaal in Ysland sal nie die plaaslike vervolging raak nie. Die ondersoekende program Kveikur het gewys op veelvuldige misdade wat in Namibië gepleeg is, soos geldwassery, omkopery en geldverduistering. Die saak word ondersteun deur onder meer 2 000 teksboodskappe tussen Samherji se voormalige […]
Namibië se buitelandse direkte beleggings groei aansienlik - July 3, 2025
Namibië se inkomende buitelandse direkte beleggingsvoorraad het tot 10,995 miljard Amerikaanse dollar gestyg in 2024, vanaf 9,2 miljard dollar in 2023. Dit is volgens data in die Verenigde Nasies se konferensie oor handel en ontwikkeling, UNCTAD, se Wêreld Beleggingsverslag 2025, en is ‘n beduidende toename vanaf die 3,595 miljard dollar wat in 2010 aangeteken is. […]
Pluimveebedryf het kommer oor VSA-invoere - July 3, 2025
Vanaf 1 Julie kan Amerikaanse uitvoerders vars, bevrore of verkoelde pluimvee na Namibië verskeep, wat ‘n mark ter waarde van 15 miljoen Amerikaanse dollar oopmaak. Intussen het Namibië se pluimveebedryf in 2024 tot 1,74 miljard Namibiese dollar gegroei – ‘n styging van 13,47% – wat dit die tweede grootste landboubydraer na bees maak. Kosmos 94.1 […]
Bly weg, Kanye, sê Australië oor sy Nazisme-liefde - July 3, 2025
Australië se minister van Binnelandse Sake, Tony Burke, het bevestig die Amerikaanse kletsrymer Kanye West se visum is gekanselleer oor ‘n snit wat Nazisme bevorder. Die liedjie “Heil Hitler” loof die Nazi-leier Adolf Hitler. Dis in Meimaand op sosiale media en musiek-stroomplatforms vrygestel. Die onttrekking van die visum volg op West se reeks anti-semitiese plasings […]
Sny uitleenkoerse met 25 basispunte: BoN aan banke - July 3, 2025
Die Bank van Namibië het kommersiële banke opdrag gegee om die gaping tussen die repo-koers en hul uitleenkoerse met 25 basispunte in twee fases voor die einde van die jaar te verminder. Die sentrale bank se waarnemende goewerneur, Leonie Dunn, het ‘n kennisgewing in hierdie verband aan alle banke uitgereik. Die vermindering moet in twee […]
Soil of Africa soek 75 000 mense se ID’s - July 3, 2025
Die burgerlike beweging Soil of Africa het vandag na die hoofkantoor van die Departement van Binnelandse Sake in Pretoria opgeruk om oplossings en verantwoordbaarheid te eis. Die voorsitter van Soil of Africa, Bongani Ramontja, sê hulle hou die optog sodat die geblokkeerde identiteitsdokumente van 75 000 mense wat sedert 2017 sonder ID’s in Suid-Afrika woon, […]