
Kabinet keur 12 Mei goed as Nujoma- en boomplantdag - July 4, 2025
Die jongste kabinetsbesluite sluit in dat die proklamasie van 12 Mei as Nujoma-dag en ‘n boomplantdag goedgekeur is. Die kabinet het ook goedgekeur dat 12 Mei ‘n herdenkingsdag sal wees om gemeenskapsdiens-inisiatiewe te bevorder vir die nasie om die stigterspresident en vader van die nasie se nalatenskap te huldig. Die kabinet het die inligtingministerie opdrag […]
Fluitjieblasers moet beskerm word - July 4, 2025
ActionSA vra die regering en die polisieministerie om die land se fluitjieblasers te beskerm. Die party sê dit kom na die moord op die hoof van Korporatiewe en Forensiese Ondersoeke in die Stad Ekurhuleni, Mpho Mafole, wat in Kemptonpark doodgeskiet is. Michael Basch van ActionSA sê die moord is die tweede noodlottige aanval en derde […]
Big, beautiful bill is deur - July 4, 2025
Die Amerikaanse kongres het Donald Trump se “big, beautiful bill” met 218 stemme daarvoor en 214 stemme daarteen goedgekeur. Op die ou end het net twee Republikeine teen die wetsontwerp gestem, saam met al die Demokrate. Die finale stemming is vertraag toe die Demokratiese minderheidsleier Hakeem Jeffries ‘n rekord gebreek het deur langer as agt […]
Nuwe verslag noem maatskappye wat geld maak uit Gaza-volksmoord - July 4, 2025
Francesca Albanese, die VN se spesiale rapporteur oor die besette Palestynse gebiede, het ‘n beroep op state gedoen om ‘n wapenembargo teen Israel in te stel, en handel en finansiële bande met die land af te sny. Albanese sê Israel is verantwoordelik vir een van die wreedste volksmoorde in die moderne geskiedenis. Sy het haar […]
Starlink ‘sal eerder werke, sake aanhelp as skaad’ - July 3, 2025
Reaksie word ontvang op inligtingsminister Emma Theofelus wat sê Starlink se aansoek om sy 51 persent eienaarskap te behou, word steeds hersien. Starlink het middel verlede jaar ’n aansoek ingedien om in Namibië bedryf te word maar wil sy 51 persent eienaarskap behou. Hy moes dus kragtens die kommunikasiewet by die lynminister aansoek doen om […]
Mpumalanga het plan teen boubedryf-mafia, DA juig - July 3, 2025
Die DA in Mpumalanga sê hy ondersteun die ingrypingstrategieë teen die boubedryf-mafia in die provinsie. Die provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer het aangekondig ‘n nasionale beraad sal byeengeroep word om hierdie misdadige sindikate uit te roei. Die DA-lid, Teboho Sekaledi, sê bouprojekte wat vertraag is, het ‘n las geword vir belastingbetalers en […]
Hamas het sy mes in vir Popular Forces-leier - July 3, 2025
Die owerhede in die Hamas-beheerde Gaza het aanklagte van hoogverraad teen die 35-jarige leier van ‘n groep aanhangig gemaak wat beskuldig word dat hulle gedurende die Gaza-offensief saam met Israel werk. Yasser Abu Shabab is die vermeende hoof van die Popular Forces-groep. Palestynse media sê die groep is aktief in die Israelies-beheerde gebied oos van […]
Owen Farrell opgeroep na Britse en Ierse Leeus - July 3, 2025
Rugby: Die gewese Engelse kaptein, Owen Farrell, is onverwags opgeroep na die Britse en Ierse Leeus in Australië nadat die veelsydige agterspeler, Elliott Daly sy arm gekraak het. Die 33-jarige het al drie keer saam met die Leeus getoer en is die seun van hoofafrigter Andy Farrell. Hy het die laaste van sy 112 toetse […]
Gratis kankerondersoeke Saterdag op Rosh Pinah - July 3, 2025
Die Kankervereniging van Namibië sal Saterdag ‘n gratis kankerondersoekkliniek in Rosh Pinah aanbied. Pap-smere, borsondersoeke en prostaat-blitstoetse sal beskikbaar wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië.
Onder-21 mans- en vrouespanne maak gereed vir Hokkie Wêreldbekers - July 3, 2025
Die lotings vir die 2025 Onder-21 Hokkie Wêreldbekers vir beide die mans- en vrouetoernooie is afgehandel. Namibië se junior mansspan onder afrigter Johann Weyhe sal in November in Indië aan die manstoernooi deelneem, waar hulle in Groep D geloot is saam met Spanje, België en Egipte. Die junior vrouespan onder afrigter Sedtric Makati speel in die […]