Presidensie verwelkom Energieraad se skeiding met Bain
Die Presidensie het die Energieraad van Suid-Afrika lof toegeswaai oor sy besluit om bande te sny met Bain and Company. Dit volg op besware wat president Cyril Ramaphosa se kantoor geopper het. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya beskryf dit as ‘n welkome verwikkeling. Die stap kom nadat Bain, wat in 2022 verbied is om regeringswerk […]
Biden gee Taiwan N$10,5-miljard se verdedigingshulp
Die Amerikaanse president Joe Biden het verdedigingshulp van 10,5-miljard-rand vir Taiwan aangekondig terwyl die Demokraat voorberei om die pos te ontruim voor Donald Trump se inhuldiging in Januarie. Amerika erken Taiwan nie amptelik wat die diplomasie betref nie, maar is die selfregerende eiland se strategiese bondgenoot en grootste wapenverskaffer. China, wat in onlangse jare politieke […]
Haaie klop Bulle eerste keer in byna twee jaar
Rugby: Die broers Jaden and Jordan Hendrikse het gister 13 punte bygedra tot die Haaie se 20-17 oorwinning oor die Bulle in Durban. Jaden het ‘n drie vir die gashere gedruk terwyl Jordan agt punte met sy skopstewel gevoeg het by ‘n strafdrie. Die Haaie het hulle lopie verleng na vier agtereenvolgende VRK-oorwinnings, hulle vyfde […]
Kom, reën, of mielies moet weer ingevoer word
Handelsyfers vir die laaste kwartaal van 2024 toon ‘n beduidende styging in Namibië se graan-invoere, wat 718 miljoen Namibiese dollar beloop het, vergeleke met 415,5 miljoen dollar in dieselfde kwartaal van 2023. Volgens die jongste Landbou Statistiese Bulletin van die Namibië Statistieke Agentskap was mielies die mees ingevoerde graan, ter waarde van 413,4 miljoen dollar, […]
DA tevrede met BELA-wet onderhandelinge
DA-leier John Steenhuizen sê die onderhandelings in die regering van nasionale eenheid wat dit moontlik maak vir die BELA-wet om ingestel te word, is ‘n wen-wen skikking, sonder dat bestaande grondwetlike regte tot moedertaalonderrig ondermyn word. DA-woordvoeder Willie Aucamp sê die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube moet norme, standaarde en regulasies uitreik wat die […]
Minstens 16 mense gewond na Houthi-projektiel Tel Aviv tref
Israel se weermag sê hy het misluk om ‘n “projektiel” te onderskep wat uit Jemen afgevuur is en in Tel Aviv geland het. Die nasionale mediese diens sê 16 mense is lig gewond. Jemen se Iran-gesteunde Houthi-rebelle het herhaaldelik missiele afgevuur op Israel sedert die oorlog in Gaza meer as ‘n jaar gelede begin het. […]
Hanekom op nr. 6 vir Bulle teen Haaie
Rugby: Die Bulle het Cameron Hanekom op nommer 6 gekies vir die langverwagte Verenigde Rugby Kampioenskapskragmeting teen die Haaie vanaand in Durban. Kaptein Elrigh Louw skuif na nommer 8 en Cobus Wiese vervang Marcell Coetzee op nommer 7. Coetzee skuif bank toe. Stedman Gans en Harold Vorster is die nuwe senters met Canan Moodie wat […]
Swakopmundse vrou sterf in ongeluk op B2
Meer inligting is bekend oor die noodlottige ongeluk gisteraand net na 8-uur op die B2-pad sowat 33km buite Swakopmund. Die Erongo-polisie sê ‘n Nissan X-trail met ‘n suster en broer was op pad na die kusdorp, met ‘n Volkswagen Polo agter hulle. Die suster het die X-trail bestuur wat effe van die pad gegaan het. […]
Aktrise Michelle Botes sterf aan kanker
Die bekende aktrise Michelle Botes is vroeg vanoggend op 63-jarige ouderdom oorlede. Sy het die afgelope twee en ’n half jaar gely aan gevorderde veelvuldige myeloom, ’n seldsame, ongeneeslike soort bloedkanker wat die beenmurg affekteer. Sy is aanvanklik met chemoterapie en steroïede behandel en het later ’n stamseloorplanting gekry, maar wou nie met dié behandeling […]
Sielkundige in arres oor Kersmark-slagting in Duitsland
Die polisie in Duitsland het ‘n man van Saoedi-Arabië in hegtenis geneem nadat ‘n sportnutsmotor in ‘n Duitse Kersmark ingejaag en dood en verwoesting gesaai het. Die owerhede in die stad Magdeburg, omtremt 130 kilometer suidwes van Berlyn, sê minstens twee mense is dood, van wie een ‘n jong kind was, en 68 is beseer. […]