Meatco stel waarnemende HUB aan, in stryd met kabinetsvoorskrif

Meatco se direksie het aangekondig dat die maatskappy se uitvoerende hoof vir veeverkryging en -produksie, Patrick Liebenberg, op 1 Februarie as waarnemende uitvoerende hoof aangestel sal word. Dit sal duur vir ses maande, of totdat ‘n nuwe substantiewe uitvoerende hoof aangestel is. Meatco se huidige uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji, se kontrak eindig op 31 Januarie. […]

Read More

FNB Namibië is top-werkgewer in Afrika

FNB Namibië is deur die Top Employers Institute as Top Werkgewer in Namibië en Afrika vir 2025 bekroon. Hierdie gesogte toekenning beklemtoon die maatskappy se verbintenis tot werknemerswelstand, groei, diversiteit, uitsonderlike werksomgewing en ontwikkeling. Dit het ook ‘n sterk organisasiekultuur wat insluiting en innovasie prioritiseer. Isdor Angula, hoofmensekapitaalbeampte van FirstRand Namibië, deel meer insig oor […]

Read More

Kaapstad gaan groot met nuwe bus-infrastruktuur

Die burgemeester van Kaapstad Geordin Hill-Lewis sê die toonaangewende MyCiTi-infrastruktuuruitbreiding reg oor die suid-oostelike deel van die metro sal vanjaar aansienlik spoed optel. Hy het Donderdag die Kuyasa MyCiTi-stasie in Khayelitsha besoek om die herstel- en opgraderingswerk te inspekteer nadat dit voorheen heeltemal gestroop en vernietig is deur diefstal. Hill-Lewis sê die metro se suid-oostelike […]

Read More

Osaka onttrek van Aussie Ope weens besering

Tennis: Die tweemalige Australiese Ope-kampioen, Naomi Osaka, moes weens ‘n besering onttrek aan haar derde ronde-wedstryd teen Belinda Bencic in Melbourne. Osaka het behandeling vir haar maag ontvang terwyl sy 6-5 voor was in die eerste stel, en het uiteindelik in die valbylpot teen die Switser verloor voor sy die baan verlaat het. Osaka moes […]

Read More

Woef en Kiets wag vir jou by die BDV

Die Dierebeskermingsvereniging het ‘n goeie 2024 gehad en herinner die publiek daaraan dat hulle lede kan word vir net 365 Namibiese dollar per jaar. Dit is gelykstaande aan slegs een dollar per dag, wat ‘n groot verskil kan maak vir diere in nood. Die organisasie het ook gedurende die vakansie 344 diere geborg, danksy hulle […]

Read More

Plaaswerkers se minimum N$10 per uur ‘nie ‘n probleem’

Die arbeidministerie het die landbousektor se aansoek om vrystelling van die nasionale minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur nie goedgekeur nie. Die sektor kan wel die minimumloon oor drie jaar infasseer. Plaaswerkers moet nou minstens 10 dollar ‘n uur ontvang, teenoor die vorige 6 dollar per uur, terwyl voordele soos behuising, water, krag en […]

Read More

Onderwys vorder nie, want meeste geld gaan aan salarisse

Die Wêreldbank het sy aanslag van Namibië in sy landvennootskapraamwerk vir die jare 2025-2029 vrygestel. In die verslag sê die bank dat Namibië nie genoeg in onderwys belê nie. Ten spyte daarvan dat onderwys altyd een van die hoogste begrotingstoekennings ontvang, is dit steeds nie doeltreffend nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike […]

Read More

Geen klagtes by Guinas-tussenverkiesing

Die Verkiesingskommissie van Namibië se verkiesingskommissaris, Pius Iikwambi, berig dat die tussenverkiesing in die Guinas-kiesafdeling vlot verloop. Die tussenverkiesing is genoodsaak deur die dood van oudraadslid Elias Martinus op 21 Oktober verlede jaar. Twee kandidate uit dieselfde familie ding mee, Swapo se Moses Khumub en die LPM se Fransiscus Khumub. Stemlokale sluit om 7-uur en […]

Read More

Kunene by Ruacana vloei sterk, Zambezi uiters laag

Die Zambezirivier by Katima Mulilo het vanoggend ‘n watervlak van 0,50 meter aangeteken. Dit is baie laer as die vlak van 1,36 meter wat verlede jaar dieselfde tyd aangeteken is. Die watervlak by Rundu aan die Okavangorivier het vanoggend van 5,78 meter tot 5,72 meter gedaal, maar dit is hoër as verlede jaar se 5,22 […]

Read More

Sikloon krap die weer om, reën kom eers later

Sikloon Dikeledi woed voort en het vyf lewens in Mosambiek se noordelike provinsie Nampula geëis. Die land se Nasionale Rampbestuursinstituut het bevestig dat meer as 35 000 mense, wat meer as 8 000 huishoudings verteenwoordig, verplaas is. Minimale reën word egter in Namibië en Suid-Afrika verwag. Volgens die AMT-weervoorspelling kan neerslag in Februarie verwag word. […]

Read More