Dricus du Plessis soek steeds wêreldtitel-geveg in SA

Gemengde gevegskuns: Die UFC se middelgewig-wêreldkampioen, Dricus du Plessis, wat Sondag in Sydney, Australië, weer teen die Amerikaner Sean Stricland te staan kom, hoop om die byeenkoms later vanjaar na sy vaderland, Suid-Afrika, te bring. Du Plessis het Strickland in Januarie verlede jaar geklop om die wêreldtitel in te palm, en het dit in Augustus verdedig teen die Nieu-Seelander Israel Adesanya. Hy glo die geleentheid sal na Suid-Afrika kom, en hoop dit gebeur vroeër eerder as later.