
Keeetmans se Basson op verlof tydens ondersoek - April 26, 2021
Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Keetmanshoop Munisipaliteit Desmond Basson is op drie maande se administratiewe verlof geplaas om die raad ‘n geleentheid te gee om ondersoek in te stel in verband met verskeie bewerings teen hom. Die raad se Voorsitter Easter Isaak het aan nuusagentskappe gesê dat van die kwessies wat ondersoek sal word […]
My Octopus Teacher wen Oscar! - April 26, 2021
Die Suid-Afrikaanse dokumentêr My Octopus Teacher het op die 93-ste Oscar-toekennings in Los Angeles die Oscar gewen vir beste dokumentêre film. Die regisseurs, Pippa Ehrlich en James Reed, se film handel oor die verhouding wat oor ‘n jaar tussen die rolprentvervaardiger Craig Foster en ‘n seekat ontwikkel het in ‘n kelpwoud aan die kus van […]
Britz is nuwe kaptein, Van Wyk sê nee - April 26, 2021
Die nuutverkose Basterkaptein, Jacky Britz het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings wat die gemeenskap het. Hy het 2 583 stemme in die verkiesing vir ‘n nuwe kaptein gekry. Die sakeman Rynauldt van Wyk het 523 stemme gekry uit die totaal van 3 106 stemme. Britz het sy boodskap aan die Bastergemeenskap in […]
Jongste oor Covid-gevalle - April 26, 2021
Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 105 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Mariental en Tsumeb het onderskeidelik 11 elk, Outjo en Rehoboth 10 elk, Swakopmund 8 en Windhoek 5. Die res is landwyd versprei. Vyftien leerders en 16 onderwysers het positief getoets vir die virus. Daar is op die […]
Lande staan Indië by - April 26, 2021
Die Verenigde State, Frankryk en die Verenigde Koninkryk is van die lande wat begin het om mediese toerusting, insluitend ventilators en ander hulpbronne, na Indië te stuur, in ‘n poging om die toename in korona-virus gevalle in die land te bestry. Indië het tot dusver 17 miljoen Covid-19 gevalle aangeteken en ervaar ‘n tekort aan […]
Dis Vrydag internasionale Jazz-dag - April 25, 2021
Internasionale Jazz-dag word Vrydag die 10de keer herdenk en die Franse-Namibiese Kultuursentrum het verskeie geleenthede om die dag te vier. Luise Mwanyangapo, UNESCO se Program Koördineerder in die hoofstad het die besonderhede.
Die nuwe Basterkaptein praat oor sy visie - April 25, 2021
Die pasverkose nuwe Basterkaptein Jacky Britz het met Kosmos 94.1-Nuus gepraat oor sy visie vir die kapteinskap. Die afgetrede onderwyser het 2 583 stemme in die verkiesing gekry. Die sakeman Rynauldt van Wyk het 523 stemme gekry uit die totaal van 3 106 stemme wat uitgebring is.
Die Crusaders doen dit weer. - April 25, 2021
Die Crusaders het hulle indrukwekkende vertonings teen die Blues vandag voortgesit toe hulle die span van Auckland ‘n 14de keer in die Superrugby-Aotearoa-reeks geklop het. Die tuispan het met 29-6 in Christchurch gewen.
IRV oor beweerde uitbuiting van Suid-Afrikaners - April 25, 2021
Die Instituut vir Rasseverhoudings in Suid-Afrika sê president Cyril Ramaphosa se kantoor het nog steeds nie gereageer op sy memorandum waarin hy ‘n beroep op die regering doen om verantwoording te doen vir die wydverspreide en voortdurende uitbuiting wat landsburgers daagliks teister nie. Die memorandum is aan die begin van verlede maand afgelewer en ‘n […]
Jacky Britz is die nuwe Basterkaptein - April 25, 2021
Die afgetrede onderwyser Jacky Britz is die nuwe Basterkaptein. Hy het 2 583 stemme in die verkiesing vir ‘n nuwe kaptein gekry. Die sakeman Rynauldt van Wyk het 523 stemme gekry uit die totaal van 3 106 stemme wat uitgebring is.