Jeug sê groen energie moet hulle baat - April 23, 2021

‘n Omgewingsdrukgroep, die Climate Action Group, sê Suid-Afrika se jeug is die mees benadeelde demografiese groep in die land weens die lae indiensneming en min geleenthede om ‘n volhoubare en welvarende toekoms te skep. Die groep se veldtogleier, Ulrich Steenkamp, het tydens ‘n betoging in Johannesburg ‘n beroep op die regering gedoen om toe te […]

Read More

Libby praat oor ouer politici - April 23, 2021

Reaksie word ontvang op die kommentaar deur die Namibiese Minister van Arbeid Utoni Nujoma wat meen ouer politici is beter vir die land. Hy het sy verbasing uitgespreek oor die feit dat die land se jeug nie ouer politici vertrou nie. Die voormalige Adjunk Eerste Minister, Dr Libertine Amathila het haar reaksie in die verband […]

Read More

Mango staak bedrywighede - April 23, 2021

Die laekoste-lugdiens Mango gaan volgens berigte aanstaande maand sy bedrywighede opskort weens finansiële uitdagings. Media berig dat die buurland se Departement van Openbare Ondernemings sowat ‘n kwart van die 10,5 miljard Namibiese doller wat vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens se sakereddingsplan bestem is, na filiale, insluitend Mango, probeer herlei het. Die plan het egter nie ‘n […]

Read More

Napwu druk deur tot NBC gee wat hulle eis - April 23, 2021

Die Namibiese vakbond vir staatsamptenare Napwu sê hy is vasberade om deur te druk met die staking by die nasionale uitsaaier die NBC tot daar voldoen word aan die eise van die personeel. Die staking het gister middag 1-uur begin en sedertdien is daar geen diens op enige van die NBC se kanale nie. Die […]

Read More

Suurstof-uitdagings in Indië moet opgelos word - April 23, 2021

Die Eerste Minister van Indië, Narendra Modi, sê die vervaardiging en verspreiding van suurstof aan hospitale moet baie dringend en vinnig verhoog en versnel word. Hy sê maatskappye moet vindingryke manier vind om suurstof aan hospitale te voorsien. Indië ondervind tans sy tweede vlaag Covid-19 besmettings met hospitale wat ‘n ernstige tekort aan beddens en […]

Read More

Boulter verskyn vandag weer - April 23, 2021

Die Britse miljardêr Harvey Boulter, 51, sal vandag weer in die hof op Outjo verskyn op klagte van moord. Boulter het na bewering sy plaasbestuurder doodgeskiet op sy plaas Kaross naby Kamanjab. Hy is tydens die voorval in die hand geskiet. Boulter het in 2012 die twee dele van Kaross vir 19 miljoen doller aangekoop […]

Read More

Namsip: so staan sake nou - April 23, 2021

Verlede jaar het die Namibiese Ministerie van Landbou se landbou meganisering en saad verbetering projek, bekend as Namsip boere in die Otjozondjupa-streek opgelei en bygestaan in ‘n saad vermenigvuldiging projek. Die projek is gedeeltelik befonds deur die Afrika Ontwikkelingsbank. Die ministerie se Direkteur van Landbou Navorsing en Ontwikkeling, Johanna Andowa het die jongste in die […]

Read More

Meer as 11 000 verloor werk in 2020 - April 23, 2021

Covid het veroorsaak dat 11 210 werksverliese van 983 werkgewers in die afgelope finansiële jaar aangeteken is. Terwyl werksverliese die uitdagings van werkloosheid vererger, is daar ander kwessies verbonde. Die Namibiese Ministerie van Finansies het vroeër aangekondig dat die Ontvanger meer as 2 miljard Namibiese doller verloor het tydens die pandemie. Dit sluit verliese in […]

Read More

Geweld dra by tot skool swangerskappe - April 23, 2021

Statistieke in verband met tiener swangerskap en skoolverlating het verdubbel toe die inperkings verlede jaar in Namibië gelig is. Die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Onderwys Sanet Steenkamp sê 3 300 skoolmeisie het verlede jaar swanger geraak, tenoor 1 560 in 2019. Van die swangerskappe kom ook as gevolg van geslagsgeweld voor wat verkragting […]

Read More

VSA sal uitlaatgasse met 52% sny - April 23, 2021

Die Amerikaanse President Joe Biden het die twee dae lange klimaatsveranderingsberaad met ‘n streng waarskuwing geopen. Hy sê die koste van onbetrokkenheid sal steeds toeneem as wêreldleiers hulle nie daartoe verbind om die kwessie van aardverwarming te takel nie. Die virtuele beraad het 40 wêreldleiers gelok, insluitend residente Cyril Ramaphosa, Xi Jinping van China, en […]

Read More