
Myeni Saterdag ter ruste gelê - May 3, 2021
Lindani Myeni se familie is besig met begrafnisreëlings nadat sy liggaam die naweek in Suid-Afrika aangekom het. Die voormalige rugbyspeler wat in KwaZulu-Natal gebore is, is verlede maand tydens ‘n rusie deur die polisie in Honolulu, Hawaii, doodgeskiet. Sy oorskot is met behulp van die KwaZulu-Natalse regering teruggestuur, wat ook beloof het om die begrafnis […]
GRN se rekord op menseregte word geëvalueer - May 3, 2021
Namibië se menseregterekord gaan vir die derde keer deur die Algemene Periodieke Hersiening van die Verenigde Nasies se menseregteraad onder die loep geneem word tydens ’n regstreekse aanlyn vergadering wat vandag gehou word. Die vorige hersienings is in 2011 en toe weer in 2016 gedoen. Namibië is een van 14 lande wat hersien word. Anthea […]
So lyk water-planne in Oshana - May 3, 2021
Die Goewerneur van die Oshana-streek het gereageer op die planne vir onder andere water infrastruktuur ontwikkeling en sanitasie met die fondse wat van die ministerie bekom is. Goewerneur Elia Erimari het die planne so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.
NBC: dis ‘n proses…. - May 3, 2021
Die staking by die NBC sal nog onbepaald voortduur. Volgens Ihana Mbaha, ‘n werknemer by die NBC en die skakel tussen die werkers en die Napwu vakbond sê hulle wag steeds op terugvoer van President Hage Geingob en dat onderhandelings met die bestuur van die nasionale uitsaaier eers Woensdag sal hervat. Intussen sê Alfredo Hengari, […]
Fokus op die boere, nie die grond nie - May 3, 2021
Kenners meen dat die regering eerder geld moet bestee op bestaande hervestigde boere as om meer grond aan te koop. Die Namibiese Minister van Grondhervorming Calle Schlettwein het vroeër aangekondig dat die teiken van 5 miljoen hektaar teen 2020 nie behaal is nie en dat 1,7 miljoen hektaar nog aangekoop moet word. Die plaaslike Landbou […]
Ru-olie beweeg opwaarts - May 3, 2021
Internasionale nuusagentskappe berig dat ru-olie tans nader aan 67 Amerikaanse doller verhandel soos vertroue in aanvraag groei. Daar was vroeër kommer oor Indië, die vierde grootste invoerder van ru-olie ter wêreld, met sy ongekende tweede vlaag van Covid-infeksies. Maar, die wêreld se grootste verbruikers, wat China en die VSA insluit, vorder baie goed met inentings, […]
Reaksie op beslissing in Malawi dat doodstraf ongrondwetlik is - May 3, 2021
Die Namibiese Ombudsman, John Walters, het gereageer op die beslissing van die hooggeregshof in Malawi dat die doodstraf in die land ongrondwetlik is. Die regering van Malawi het nog nie amptelik op die hof se beslissing gereageer nie. Advokaat Walters het sy reaksie so opgesom.
GRN ondersteun vrye pers – Saara - May 3, 2021
Die Namibiese Eerste Minister Dr Saara Kuugongelwa Amadila het tydens die 30ste herdenking van die Windhoek Deklarasie en Wêreld Persvryheidsdag verwys na die land se top posisie in die Persvryheid Indeks van Verslaggewers Sonder Grense op die vasteland. Die land het volgens haar sedert 2013 die top posisie gehandhaaf met die uitsondering van 2018. Die […]
Geblikte leeus: nog reaksie - May 3, 2021
Die diereregte-drukgroep Four Paws South Africa verwelkom die aanbevelings in ‘n verslag oor onder meer die beleid, regulering en praktyke rakende kwessies soos die jag van, handel in en teling van diere in aanhouding. ‘n Hoëvlakpaneel beveel in die verslag aan dat Suid-Afrika nié leeus in aanhouding mag teel, aanhou of hul produkte kommersieel mag […]
NBC-werkers wag op Hage - May 3, 2021
Die werknemers van die nasionale uitsaaier staak sedert 22 April en tot op hede, is daar nog geen oplossing nie. Ihana Mbaha, werknemer by die NBC en die skakel tussen die werkers en die Napwu vakbond sê daar is niks nuuts op te rapporteer nie. Hy voeg by dat hulle wag vir terugvoer van President […]