
Besluite word in SA gemaak oor skoolbywoning - April 20, 2021
Die Suid Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys sê dit het met rol-spelers begin vergader, om te besluit of en wanneer leerlinge permanent, op ‘n voltydse basis sal moet terugkeer skool toe. Die land is tans op vlak een van die nasionale inperking, met leerlinge wat sedert laat verlede jaar, op rotasie-basies kontak-klasse bywoon. Fritz Platt, […]
Digitale bemarking vir toerisme is beste - April 20, 2021
Kenners in die toerisme bedryf meen dat dit van kritiese belang is dat Namibië nou internasionaal bemark word en ook dat inwoners van die land en die streek, plaaslike toerisme ondersteun. Om die poging te bevorder is die Namibia Wildlife Resorts toepassing weer aangepas om dit maklik te maak vir gebruikers hier en elders om […]
AstraZeneca entstof word uitgerol - April 20, 2021
Uitdagings met die vervaardiging van die AstraZeneca Covid-entstof buite Indië is opgelos en die Covax-fasiliteit behoort teen einde Mei 65 miljoen dosisse te ontvang. Die VN se Kinder-agentskap Unicef het die aankondiging gemaak. Ongeveer 80 lande sal besendings ontvang. Unicef sê verder dat 50 miljoen dosisse sal in Mei deur die Serum-instituut in Indië vervaardig […]
Jeug stel nie belang in lenings nie - April 20, 2021
Die Ontwikkelingsbank van Namibië se Bestuurder vir die Noordelike Streke Fillemon Nditya het sy teleurstelling uitgespreek oor die bywoning van jongmense by die bank se konsultasies oor sy pakette vir vaardigheidsgebaseerde finansiering. Die bank het die Kunene-streek besoek en nie veel belangstelling by jong mense in Opuwo, Khorixas, Kamanjab en Outjo gesien nie. Die pakette […]
Alle oë op Uganda … druk vir jonger aanstellings neem toe - April 20, 2021
Daar is groot afwagting vir die aanstelling van die Ugandese President Yoweri Museveni se nuwe kabinet nadat hy ‘n sesde termyn in die afgelope verkiesing in daardie land ontvang het. Daar is hoop dat hy ‘n jonger kabinet sal aanstel met van sy kamerade wat reeds diep in hulle sewentigs is en toenemende druk van […]
2021 kan aarde baie vinniger verwarm en dis hoekom… - April 20, 2021
Die internasionale energieagentskap waarsku dat namate die wêreldekonomie herstel na die Covid-19 pandemie, koolstofdioksiedvrystellings dwarsoor die wêreld vanjaar gevaarlike vlakke sal bereik. In ‘n pas uitgereikte verslag skat die agentskap dat koolstofvrystellings weens energieverbruik in 2021 tot 1,5 miljard ton sal styg. Dit sal die tweede grootste jaarlikse toename in energie-verwante vrystellings ooit wees. Die […]
So lyk die jongste syfers in verband met Covid - April 20, 2021
Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het 102 gevalle van Covid uit 1 482 toetse vandag bekend gemaak. Windhoek het 32, Hardap 29, almal in Rehoboth, Erongo 17, Otjozondjupa 10, Karas 6 en die res, landwyd versprei. Daar is 24 leerders en 3 onderwysers in die groep. Nangombe het ook […]
Namibië steeds die top land vir persvryheid in Afrika - April 20, 2021
Namibië het sy top posisie in die Persvryheid Indeks van Verslaggewers Sonder Grense op die vasteland behou. Die land is wêreldwyd, 24ste geplaas. Die Namibiese regering het sedert onafhanklikheid baie vryheid aan die pers toegestaan en terwyl daar uitdagings is met toegang tot inligting, kan Namibië se verslaggewers in ‘n veilige omgewing werk. Gwen Lister, […]
Hoë Kommissariaat in SA weier bystand vir Lühl - April 20, 2021
Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat Phillip Lühl wat tans in Suid-Afrika is met sy tweeling dogters wat deur middel van ‘n surrogaat gebore is, aansoek gedoen het vir noodreisdokumente vir die twee babatjies by die Hoë Kommissariaat in die buurland maar, dat hulle weier om hom by te staan. Regter Thomas Masuku het Lühl […]
ANC in Limpopo dien sy lys van korrupte amptenare in - April 20, 2021
Die ANC in Limpopo het in opdrag van sy Nasionale Uitvoerende Komitee ‘n lys ingedien met die name van lede wat van korrupsie beskuldig word. Dit sluit die naam van die Provinsiale Tesourier, Danny Msiza, in wat by die VBS Mutual Bank se plundering betrek word. Die party het onlangs ‘n beroep op alle provinsies […]