Lühl saak is baie kompleks – Katjipuka - April 21, 2021

Phillip Lühl se regsverteenwoordiger Uno Katjipuka het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pad vorentoe nadat die Hoë Kommissariaat in die buurland geweier het om hom by te staan met ‘n aansoek vir noodreisdokumente vir sy tweeling dogters. Namibiese amptenare in die buurland het hom na Windhoek verwys. Katjipuka…

Read More

Indiese Covid-variant wek groot kommer… - April 21, 2021

‘n Nuwe variant van Covid, wat ook hoogs aansteeklik is en as ‘n dubbele mutasie beskryf word, is in Indië geïdentifiseer. ‘n Navorser in die veld van aansteeklike siektes in die land Gautan Menon sê die variant, B-1-617 is verantwoordelik vir die vinnige toename in gevalle.

Read More

J&J entstof moet waarskuwing by kry - April 21, 2021

Die Europese Medisyne-agentskap met sy hoofkantoor in Amsterdam in Nederland beveel aan dat ‘n waarskuwing oor seldsame bloedklonte en ‘n lae bloedplaatjie-telling op die produk-inligting van Johnson en Johnson se Covid-19-entstof ingesluit word. Agt ernstige gevalle van seldsame bloedklonte wat verband hou met ‘n lae bloedplaatjie-telling, is na inenting by vroue in Amerika aangemeld. Een […]

Read More

N$1m in dwelms in Maart gevind - April 21, 2021

Die dwelmeenheid van die Namibiese polisie het dwelms van meer as ‘n miljoen Namibiese doller gedurende Maart gekonfiskeer en 106 verdagtes in hegtenis geneem. Net meer as 91 kilogram dagga met ‘n beraamde straatwaarde wan 911 800 doller is gedurende die maand gevind. Kokaïne ter waarde van net minder as 6 000 doller is ook […]

Read More

Ivermiektin is plaaslik verbied vir Covid - April 21, 2021

Die Namibiese Regulerende Raad vir Medisyne het opdrag aan dokters en aptekers gegee om onmiddellik te staak met die voorskryf of verskaffing van Ivermektien as ‘n behandeling vir Covid-19. Ivermektien is nie as menslike medisyne in Namibië beskikbaar nie en net die veeartseny produk is beskikbaar. Besighede wat die produk verskaf het aan plaaslike media […]

Read More

15-jarige swart meisie deur VSA polisie doodgeskiet net voor Chauvin-uitspraak - April 21, 2021

Die polisie in Columbus, Ohio, het ‘n 15-jarige swart meisie, Makiyah Bryant, doodgeskiet. Die polisie het volgens berigte ‘n noodoproep ontvang van ‘n beweerde poging om iemand met ‘n mes aan te val. Kort na hul aankoms op die toneel, is daar skote gevuur. Makhiya se skietdood het plaasgevind kort voor die uitspraak in die […]

Read More

Parlement en tuine gesluit … LPM hou optog vandag - April 21, 2021

Die Tintinpalast is afgebaken en gesluit vir lede van die publiek. Die tuine is ook met versperrings gesluit. Die Grondlose Mense Beweging hou ‘n optog ter ondersteuning van die twee party-leiers Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb. Die twee se lot word op die oomblik deur die Nasionale Vergadering se staande komitee oor interne reëls bespreek […]

Read More

Wêreld vier kreatiwiteit, innovering - April 21, 2021

Vandag is Wêrelddag vir Kreatiwiteit en Innovering. Die Verenigde Nasies erken die 21ste April amptelik as ‘n dag om kreatiwiteit te bevorder ten einde volhoubare oplossings vir wêreldprobleme te vind. Stede wêreldwyd bied hierdie week gratis programme en geleenthede aan. Verslaggewer Charlene du Toit van due buurland het meer hieroor:

Read More

Covid-uitdagings op Rehoboth - April 21, 2021

Plaaslike media berig dat ‘n verpleegsuster en 4 leerders wat oor die naweek in Rehoboth kwarantyn verbreek het met 4 000 doller beboet is vir die verontagsaming van Covid-19 maatreëls. Owerhede sê dat lede van die polisie wat hulle aangekeer het ook in kwarantyn is. Berigte lui dat die leerders partytjie gehou het en bure in […]

Read More

Bek- en klouseer -beperkings opgehef - April 21, 2021

Die beperking op die beweging van diere met gesplete hoewe as gevolg van bek- en klouseer is in die noorde opgehef. Die laaste geval van die siekte is op 20 Januarie opgemerk. Die Namibiese Ministerie van Landbou het bevestig dat inenting van diere steeds voortgaan. Volgens Dr Albertina Shilongo, die ministerie se Hoof Veearts, moet […]

Read More