
Namibiese damme nog vol - May 17, 2021
Volgens die weeklikse damverslag van NamWater is Namibië se damme altesaam 86,5 persent vol. Windhoek se damme is 96,4 persent vol en vir die sentrale streek staan die kapasiteit op 87,5 persent. Die Suide se damme is ook propvol op 92 persent met die Neckartaldam en Nautedam wat meer as 100 persent vol is. Gobabis […]
Hai//om ontvrede met tradisionele hoof - May 17, 2021
Die Hai//om San-gemeenskap eis die verwydering van hul tradisionele hoof. Sowat 300 lede in die streke Kunene, Oshikoto, Otjozondjupa and Erongo hou vandag ‘n vreedsame protesoptog op Outjo. Die groep se Woordvoerder, Leon /Aib, het ‘n petisie aan die kiesafdelingkantoor oorhandig om dit aan die Ministerie van Stedelike en Landelike Ontwikkeling te gee. Die groep […]
Nuwe Covid-variante erger - May 17, 2021
Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het gemaan dat die nuwe pandemievlaag en Covid-variante uit Suid-Afrika, Brittanje en Indië baie erger is. Hy het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om noukeurig Covid-maatreëls na te kom. Al hoe meer Covid-pasiënte word in die hospitaal opgeneem en in hoësorg […]
Rössing-marathon vanjaar virtueel - May 17, 2021
Die gewilde Rössing-marathon sal weens Covid-19 vanjaar virtueel op 21 Junie aangebied word. Die marathon word oor 42 km, 21 km en 10 km. Langasems het tot Vrydag, 21 Mei tyd om te registreer. Kaino Nghitongo, korporatiewe kommunikasie-adviseur van Rössing Uranium verduidelik.
Wes-Kaap wil vandag 4 000 mense inent - May 17, 2021
Met Suid Afrika wat vroeër vandag fase 2 van sy inentingsprogram afgeskop het, hoop die Wes-Kaap om teen die einde van vandag, ten minste vierduisend van sy inwoners teen die virus ingeënt te hê. Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, het vroeër vandag die provinsiale gesondheidshoof, Dr. Keith Cloete en die LUR vir gesondheid, Dr. Nomafrench […]
Tigers-netbalklub bly bo - May 17, 2021
Die Tigers-netbalklub behou hul top-posisie in die 2021 MTC Netbal Premier-liga nadat hulle Saterdag met 48-38 teenoor die Namibiese vloot op Walvisbaai geseëvier het.
Gratis webinaar vir kuberveiligheid - May 17, 2021
Kuberveiligheid is ‘n uitdaging vir elke persoon of besigheid wat die internet gebruik. Die meeste maatskappye soek na ‘n praktiese manier om hul kuberveiligheid te verskerp. BDO bied ‘n gratis webinaar oor kuberveiligheid aan. Bemarking- en Komunikasiebestuurder van BDO, Nicole Dreyer, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die gevare van kuberkrakers.
Weet meer mense van balpeuterskandaal? - May 17, 2021
Krieket Australië se integriteitseenheid wil meer inligting oor die berugte Nuwelandse balpeuterskandaal bekom van die man in die middel van die petalje, Cameron Bancroft. Hy is op kamera betrap toe hy die bal met skuurpapier gevryf het tydens ‘n toets in 2018 teen Suid-Afrika in Kaapstad. Dit het gelei tot sy skorsing asook dié van […]
Werkswinkel om sport vir kinders te beveilig - May 17, 2021
GIZ se Sports 4 Development in Africa het ‘n werkswinkel in samewerking met die Namibiese Onderwyss- en Sportministeires aangebied om sport vir kinders te beveilig. Onderwysers en sportbeamptes uit die 14 streke in Namibië het die werkswinkel by Heja Lodge bygewoon. Die Integrated Physical Education and School Sports-projek sal by 2 000 primêre en sekondêre […]
Biden in gesprek met Israelse, Palestynse leiers - May 17, 2021
Amerikaanse President Joe Biden het gesprekke met Israel se Eerste Minister Benjamin Netanyahu en Palestynse President Mahmoud Abbas, gevoer, het die Withuis bevestig. Die konflik tussen Israel en die Palestyne is op ‘n mespunt met byna 200 sterfgevalle, tweeduisend beseerdes tydens verskeie lugaanvalle wat uitgevoer waarin paaie, kraglyne en huise beskadig is.