Saara sê hoe Duitsland se vergoedingsgeld aangewend gaan word - June 8, 2021

Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongolwa-Amadhila het vanmiddag in die Nasionale Vergadering verduidelik van die finansiële verbintenis wat Duitsland aan die betrokke gemeenskappe gemaak het en hoe hulle voorstel dat die geld gebruik word. Hierdie geld sal oor ‘n tydperk van 30 jaar gegee word. Saara Kuugongelwa-Amadhila hou die land oor die volksmoordkwessie op die […]

Read More

Ausie dinosourus so groot lank soos basketbaan - June 8, 2021

Autraliese wetenskaplikes het ‘n nuwe dinosourus-spesie wat in 2007 ontdek is as die grootste ooit op dié vasteland geklassifiseer. Die Australotitan cooperensis of suidelike reus is een van die 15 grootste dinosourusse in die wêreld. Kenners sê die titanosourus sou tot ses en ‘n half meter hoog en 30 meter lank wees. Dit is so […]

Read More

Argentynse veeboere ruk op - June 8, 2021

Veeboere in Argentinië betoog omdat die uitvoer van beesvleisprodukte gestaak is. Die land is, naas Brasilië, die tweede grootste beesvleis-verskaffer aan China, maar moes uitvoere vir ‘n maand opskort weens inflasie. Die groot vraag vanuit China het blykbaar die vleisvoorraad in Argentinië verminder, wat daartoe gelei het dat pryse met meer as 60 persent gestyg […]

Read More

Man klap Franse president - June 8, 2021

‘n Man het die Franse President Emmanuel Macron deur die gesig geklap toe hy vir ‘n wandeling in die suide van Frankryk gegaan het. Macron se lyfwagte het die man gou op die grond vasgepen en Macron na veiligheid geneem. Twee mense is ini hegtenis geneem, berig internasionale media.

Read More

Vier renosters, een olifant vanjaar in Namibië gestroop - June 8, 2021

Die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê vanjaar is vier renosters en olifant in Namibië gestroop. Twee van die vier renosters is witrenosters wat op private plase gestroop is. Die olifant is in die Otjozondjupa-streek in ‘n bewaringsgebied gestroop. In Junie is verskeie vermeende wildmisdadigers in hegtenis geneem. […]

Read More

Namibiese eerste minister bespreek volksmoord in NV - June 8, 2021

Die Ovaherero en Nama in Namibië het lyding verduur tydens die volksmoord van 1904–1908. Dit is om hierdie rede dat hierdie groepe vergoeding van Duitsland eis. Oor hierdie baie sensitiewe onderwerp hou die eerste minister van Namibië, Saara Kuugongelwa-Amadhila, die land deur die parlement op hoogte van die volksmoordkwessie. Die eerste minister verduidelik wat die […]

Read More

Suid-Afrikaanse gesondheidsminister in Noord-Kaap - June 8, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Zweli Mkhize, het voorstelinie-werkers versoek om geduldig met die departement te wees. Hy het vrae beantwoord oor wat baie beskou as die stadig-vorderende inentingsprogram. Mkhize is in die Noord-Kaap op ‘n reeks oorsigbesoeke aan hospitale en inentingspersele, te midde van ‘n derde vlaag Covid-19-gevalle in die provinsie. Mkhize sê die […]

Read More

Henties-gemeenskap geskok oor moord op bejaarde - June 8, 2021

Hentiesbaai se gemeenskap is geskok oor die moord op ‘n bejaarde afgetrede polisiebeampte, Karel Thomas, op Hentiesbaai. Thomas, in sy tagtigs, is glo Sondag deur drie vreemde mans met ‘n hamer en hark aangeval. Gemeentelede van ‘n kerk het onraad vermoed en die polisie gekontak. ‘n Bewustelose Thomas is gister gevind en per ambulans na […]

Read More

Pakistan: Dodetal van sneltreinongeluk styg tot 63 - June 8, 2021

Die dodetal ná twee sneltreine in ‘n plattelandse gebied in Pakistan gebots het, het tot 63 toegeneem Een sneltrein het teen ‘n ander gebots wat enkele minute vantevore ontspoor het. Die puin word steeds deursoek, berig internasionale media.

Read More

SA ekonomie groei met 1,1% - June 8, 2021

Statistieke Suid-Afrika het aangekondig dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in die eerste kwartaal vanjaar met 1,1 persent gegroei het. Die finansiële, mynbou- en handelsbedrywe het glo grootliks hiertoe bygedra. Statistieke SA het bevestig dat die ekonomiese bedrywighede in die land toegeneem het weens die verslapte inperkingsvlak. Alhoewel daar vir ‘n derde agtereenvolgende kwartaal positiewe groei was, […]

Read More