
Kavango Oos is nie die armste nie – goewerneur - May 24, 2021
Die Goewerneur van die Kavango Oos-streek het die persepsie dat die streek een van die armste in die land is, terwyl daar vrugbare grond en toegang tot water is verwerp. Goewerneur Bonifatius Wakudumo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die streek, wat volgens die Nasionale Beplannings Kommissie se 2015 verslag bevind het dat 53,2% […]
Lukashenko sal moet boet – EU - May 24, 2021
Die President van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê Belarus sal boet vir sy verregaande en onwettige optrede. Dit volg nadat ‘n vlug van Ryanair na Belarus se hoofstad, Minsk, herlei is om ‘n kritikus van dié land se regering in hegtenis te neem. Die owerhede het Roman Protasevich op die lughawe in […]
Covid: so lyk die stand van sake - May 24, 2021
Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 234 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek 145, Rehoboth 14, Grootfontein 10, Swakopmund 9 en Otjiwarongo 8. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 957 aktiewe gevalle, 49 213 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 52 […]
Does a Long Range Relationship Actually Work? - May 24, 2021
If you’re wondering if a long range marriage can really work, there are many things to consider. While a relationship may last for years with out moving, you should try to make the effort. You’ll be wanting to be mainly because committed as possible, yet it’s quite difficult to stay fully commited when you’re very […]
Verskeie inwoners van die //Kharas-streek kry hulp om hulle eie inkomste te genereer - May 23, 2021
Sewe inwoners van die ||Kharas-streek het toerusting ter waarde van 67 00 Namibiese doller van die Namibiese Ministerie van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn ontvang om ‘n inkomste vir hulself te genereer. Die toerusting is vir projekte soos naaldwerk, sweiswerk, kuns, drukwerk en boedery.
Vermeende veediewe vasgetrek - May 23, 2021
Vyf vermeende veediewe wat met 5 beeskarkasse op Okahandja vasgetrek is verskyn môre in die hof op die dorp.Die beeskarkasse se waarde is sowat 108 000 Namibiese dollar. Beslag is ook gelê op die voertuig wat tydens die misdaad gebruik is, asook die ander gesteelde goedere ter waarde van 60 000 Namibiese dollar. Die verdagtes […]
Stad Windhoek maan inwoners oor slenter - May 23, 2021
Stad Windhoek het inwoners van die hoofstad gemaan teen ‘n slenter wat op die oomblik aan die gang is.Die Woordvoerder,Lydia Amutenya, sê inwoners moet bedag wees hierop en het meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus verskaf.
Krieket Suid-Afrika bly in die nuus - May 23, 2021
Krieket Suid-Afrika se verhore oor hervorming gaan die eerste week van Julie begin. Dit is deel van die liggaam se projek vir maatskaplike geregtigheid en nasiebou onder leiding van Dumisa Ntsebeza as hervormings-ombud. Die projek wil ‘n onafhanklike klagtestelsel wees vir die genesing, herstel en eenheid in sport in die buurland. Volgens nuusagentskappe het Ntsebeza […]
Britse polisie raak slaags met pro-Palestynse betogers - May 23, 2021
Die Britse polisie het met betogers in Londen slaags geraak wat in duisende opgedaag het om teen die Israeliese aanvalle in Gasa te betoog. Die protesgangers het na die Israeliese ambassade opgeruk en pro-Palestynse slagspreuke gesing en vlae en baniere geswaai. Hulle het ‘n beroep op die Britse regering gedoen om op te tree ná […]
Vulkaan bars uit in die DRK - May 23, 2021
Inwoners van Goma in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontruim die stad na ‘n vulkaan uitgebars het. Lawa van die berg Nyiragongo vloei in die rigting van die Goma-lughawe met duisende mense wat met matrasse en ander besittings te voet vlug. Nuusagentskappe berig talle mense vlug in die rigting van Rwanda. Nyiragongo het laas […]