Skole: alles is gereed - May 24, 2021

Staats en privaatskole heropen die week te midde van uitdagings veral in die lig van die Covid-19 pandemie. Volgens die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Onderwys Sanet Steenkamp is alles gereed vir die heropening, en is hulle deeglik bewus van die uitdagings.

Read More

Kommer oor Covid-gevalle in die Noord-Kaap - May 24, 2021

Die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes het sy kommer uitgespreek oor die vinnige styging in Covid-19-gevalle in die Noord-Kaap. Tot en met die 15de Mei het besmettings na wat berig word met 1,3 persent toegeneem. ‘n Woordvoerder van die instituut, Adrian Puren, het ‘n beroep gedoen vir vinniger toegang tot inenting in die provinsie.

Read More

Duitsland betaal nie reparasies nie - May 24, 2021

Die Britse Guardian koerant berig dat die Duitse regering sê daar sal geen betaling vir reparasies wees wanneer hy binnekort amptelik aan Namibië om verskoning vra vir die 1904 tot 1908 volksmoord. Luidens die berigte sal Duitse owerhede addisionele bystand bied in veral infrastruktuur, gesondheid en opleiding in gebiede waar Nama en Ovaherero woon. Die […]

Read More

NUNW vra geld vir krag-rekening - May 24, 2021

Plaaslike media berig dat die Nasionale Unie van Namibiese Werkers verwante vakbonde vra vir fondse om 75 persent van sy skuld aan Stad Windhoek te betaal. Die vakbond skuld na bewering meer as 2 miljoen doller vir elektrisiteit by sy Mungunda-straat kantore. Die vakbond se Sekretaris-Generaal Job Muniaro het aan media gesê die instansie het […]

Read More

Privaatheidswet op pad in SA - May 24, 2021

Die nuwe Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting beskerm elke Suid-Afrikaner se reg op privaatheid. Sodra die wetgewing op 1 Julie in werking tree gaan die wyse waarop sakeondernemings persoonlike inligting hanteer, verander. Dit sal ook gemorspos en ongewenste bemarkingsmateriaal wat aan verbruikers gestuur word aan bande lê. Die wetgewing beskou persoonlike inligting as […]

Read More

Kavango Oos is nie die armste nie – goewerneur - May 24, 2021

Die Goewerneur van die Kavango Oos-streek het die persepsie dat die streek een van die armste in die land is, terwyl daar vrugbare grond en toegang tot water is verwerp. Goewerneur Bonifatius Wakudumo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die streek, wat volgens die Nasionale Beplannings Kommissie se 2015 verslag bevind het dat 53,2% […]

Read More

Lukashenko sal moet boet – EU - May 24, 2021

Die President van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê Belarus sal boet vir sy verregaande en onwettige optrede. Dit volg nadat ‘n vlug van Ryanair na Belarus se hoofstad, Minsk, herlei is om ‘n kritikus van dié land se regering in hegtenis te neem. Die owerhede het Roman Protasevich op die lughawe in […]

Read More

Covid: so lyk die stand van sake - May 24, 2021

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 234 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek 145, Rehoboth 14, Grootfontein 10, Swakopmund 9 en Otjiwarongo 8. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 957 aktiewe gevalle, 49 213 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 52 […]

Read More

Does a Long Range Relationship Actually Work? - May 24, 2021

If you’re wondering if a long range marriage can really work, there are many things to consider. While a relationship may last for years with out moving, you should try to make the effort. You’ll be wanting to be mainly because committed as possible, yet it’s quite difficult to stay fully commited when you’re very […]

Read More

Verskeie inwoners van die //Kharas-streek kry hulp om hulle eie inkomste te genereer - May 23, 2021

Sewe inwoners van die ||Kharas-streek het toerusting ter waarde van 67 00 Namibiese doller van die Namibiese Ministerie van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn ontvang om ‘n inkomste vir hulself te genereer. Die toerusting is vir projekte soos naaldwerk, sweiswerk, kuns, drukwerk en boedery.

Read More