Covid-19: Tans 2 546 aktiewe gevalle - May 19, 2021

Die Namibiese Gesondheidsministerie het vandag 191 nuwe Covid-19-gevalle in 10 streke uit 1 592 toetsresultate aangekondig. In die groep is 11 gesondheidswerkers, 4 leerders en 3 onderwysers. Daar is 2 546 aktiewe gevalle waarvan 228 pasiënte in hospitale is met 49 in hoësorg-eenhede. Ses sterfgevalle is op onderskeidelik Oshakati, Lüderitz, Usakos en Onandjokwe aangemeld.

Read More

Mango wil Namibiese boks bevorder - May 19, 2021

Die Namibië Boks- en Stoei-beheerraad was die afgelope jare in die hande van verskeie leiers waartydens die regulerende liggaam vir boks gely het. Die Namibiese Sportminister Agnes Tjongararero het onlangs ‘n nuwe raad met baie meer jong mense aangestel met die hoop om boks na ‘n hoër vlak te neem. Die Voorsitter, Magret Mango, gesels […]

Read More

Elf SA gholfspelers in PGA-kampioenskap - May 19, 2021

Altesaam 11 Suid-Afrikaners sal dit in die PGA-kampioenskap op Kiawah-eiland se Ocean Course uitspook. Garrick Higgo maak sy debuut op die Major-kampioenskap kort op die hakke van sy Europese toer oorwinnings tydens die Gran Canaria Lopesan Ope en die Kanariese Eiland Kampioenskap. Dean Burmester maak ook sy PGA-kampioenskap debuut kort nadat hy vandeesmaand sy tweede […]

Read More

IPPR: Protesoptogte teken van demokrasie - May 19, 2021

Namibië sien al hoe meer protesoptogte oor ‘n verskeidenheid van kwessies. As Namibiërs nie eis vir beter beskerming van vroue en kinders, is daar politieke of geslagsgegronde protesoptogte. Kosmos 94.1 Nuus het aan die Direkteur van die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing, Graham Hopwood gevra of sosiale aktivisme ‘n goeie ding vir die land is. Hy […]

Read More

Drie vermeende renosterstropers kry borg - May 19, 2021

Renostereienaars in Namibië is ontsteld dat drie vermeende renosterstropers op borgtog van N$5 000 elk in die Omaruru-landdroshof vrygelaat is. Herman Saba, Soini Veripi Erastus en Sakeus Indileni Erastus moet weer op 12 Augustus in die hof verskyn. Renostereienaars meen die misdaadsituasie sal nie verander as die regstelsel hulle in die steek laat nie. Hulle […]

Read More

Koning Elizabeth word weer oumagrootjie - May 19, 2021

Prinses Beatrice is swanger met haar en haar man Edoardo Mapelli Mozzi se eersteling. Buckingham-paleis het aangekondig dat Koningin Elizabeth weer oumagrootjie in die Britse herfs gaan word. Beatrice is die oudste dogter van Prins Andrew en Sarah Ferguson.

Read More

Sprinkaanswerms ook in Noord-Kaap, Vrystaat - May 19, 2021

Landbou-organisasies in die Noord-Kaap en Vrystaat versoek mense om enige sprinkaanswerms by hul plaaslike sprinkaanbeampte van die landboudepartement aan te meld. Winde het swerms die naweek van die Noord-Kaap na die Wes-Vrystaat aangewaai. Die suide van Namibië word ook deur sprinkane geteister

Read More

Bank Windhoek kry nuwe toep - May 19, 2021

Bank Windhoek het ‘n mylpaal bereik deur ‘n nuwe mobiele banktoepassing op beide Apple App and Google Play Stores bekend te stel. Die Hoof van Bemarking en Korporatiewe Kommunikasiedienste van die bank, Jacquiline Pack, het aan Kosmos 94.1 Nuus vertel hul strategie is volgens hul klante te behoeftes.

Read More

Stormers se sleutelspelers terug - May 19, 2021

Die Stormers se span is versterk met die terugkeer van verskeie sleutelspelers vir Saterdag se Reënboogbeker-wedstryd teen die Haaie in Durban. Die slotte JD Schickerling en Marvin Orie, die flank Pieter-Steph du Toit en die senter Ruhan Nel is almal terug in die span vir die kragmeting op Kingspark. Orie moes verlede week uitsit weens […]

Read More

Federer uit Geneefse Ope geboender - May 19, 2021

Die twintigmalige Grand Slam-kampioen, Roger Federer, het ‘n nederlaag gely met sy terugkeer na die baan vir die eerste keer sedert Maart. Die Spanjaard, Pablo Andujar, wat met twee potte teen vier in die beslissende stel agter was, het Federer met 6-4, 4-6 en 6-4 geklop om die kwarteindronde van die Geneefse Ope te haal. […]

Read More