
ANC neem korrupsie ernstig op - May 6, 2021
Die Suid-Afrikaanse Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, sê die regering hoop dat almal wat korrup is, in die tronk gaan eindig. Dit volg nadat die Sekretaris-Generaal van die ANC, Ace Magashule, wat strafregtelike klagtes oor ‘n asbesdak-tender in die gesig staar, uit die party geskors is. President Cyril Ramphosa het vroeër vanjaar […]
Korrupsie in SA word aanlyn bespreek - May 6, 2021
Daar is ‘n behoefte om te bepaal watter gespesialiseerde staats-, administratiewe en grondwetlike instrumente vereis word en herstel moet word om die endemiese korrupsie in Suid-Afrika uit te roei. Dit is die gevolgtrekking van ‘n paneel kenners tydens ‘n aanlynbespreking oor korrupsie by die Universiteit van die Vrystaat. Die paneellid en die afgetrede regter, Dennis […]
Eksplorasie-navorsing op Angola se bergpieke - May 6, 2021
Die Hoof van Nust se Sentrum vir Biodiversiteit Professor Morgan Hauptfleisch, was deel van ‘n span navorsers wat monsters bo-op die Serra da Chelle en Otjihipas-berge ingesamel het. Die gebied is nog nooit bestudeer nie en daar is groot opgewondenheid oor wat moontlik ontdek kan word. Professor Hauptfleisch het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat… Hy […]
Rehoboth se binnegevegte begin weer - May 6, 2021
Uitdagings by die Rehoboth Dorpsraad verdiep met twee Swapo raadslede, Mara Beukes en Jacky Khariseb wat hulle ondersteuning vir die Hoof Uitvoerende Beampte Simeon Kanime uitgespreek het. Binnegevegte blyk om weer kop uit te steek met die Burgemeester Rudi van Wyk wat wil hê Kanime moet ondersoek vir vir verskeie ongerymdhede. Die twee beskuldig Van […]
Patentreg moet waai – VSA - May 6, 2021
Amerika het sy steun toegesê aan die kwytskelding van intellektuele eiendomsreg vir Covid-19 entstowwe. Suid-Afrika en Indië het heel eerste ‘n beroep op medisynevervaardigers gedoen om afstand te doen van hulle regte en so die weg te baan vir die verhoogde produksie van entstowwe. ‘n Amerikaanse handelsverteenwoordiger, Katherine Tai, sê die buitengewone omstandighede van die […]
NBC: raad sê Vrydag, Mushelenga soek verslag - May 6, 2021
Plaaslike media berig dat die Minister van Inligting Peya Mushelenga opdrag gegee het dat die nasionale uitsaaier die NBC hom met ‘n verslag voorsien oor al die betalings wat deur die korporasie gemaak is sowel as enige besparings maatreëls wat toegepas word. Werkers staak sedert 23 April en eis salarisverhogings wat die NBC sê hy […]
Minder water uit Hardap gepomp - May 6, 2021
Volgens die jongste dam bulletin van NamWater was daar effe verligting vir Hardapdam met net minder as 700 000 kubieke meter water wat in die afgelope week uit die dam gepomp is. In vorige weke is meer as 2 miljoen kubieke meter onttrek. Hardap staan tans op 68,4 persent van kapasiteit. Nautedam by Keetmanshoop is […]
SA brandstofprys is verligting vir landbou - May 6, 2021
Die Suid-Afrikaanse Ekonoom Dawie Maree sê die effense daling in die buurland se brandstofpryse is ‘n welkome verligting vir verbruikers, maar veral vir boere. Brandstofpryse het die eerste keer dié jaar teruggesak ná ‘n daling van 2 persent in internasionale ru-olie-pryse en ‘n 3 persent versterking van die Suid-Afrikaanse rand in April relatief tot die […]
Uitspraak in Swartbooi, Seibeb aansoek vandag verwag - May 6, 2021
Regter Kobus Miller sal vandag uitspraak lewer in die saak waar die leiers van die LPM-party Bernadus Swartbooi en Henny Siebeb die Speaker van die Nasionale Vergadering Pofessor Peter Katjavivi dagvaar. Katjavivi het die twee toegang tot die Huis geweier en die saak aan ‘n staande komitee oorhandig om te ondersoek. Henny Siebeb het met […]
Trump steeds verban op Facebook - May 6, 2021
Facebook sê hy sal oorweging skenk aan die besluit van die Oorsigraad om die opskorting van die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, se rekening te handhaaf, en dan oor ‘n presiese en dienooreenkomstige optrede besluit. Trump is in Januarie van Facebook verban na die betogings by Capitol Hill. Daar word berig die raad het gesê […]