Ons moet huise lewer – Uutoni - May 20, 2021

Die Namibiese Minister van Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni sê die lewering van huise aan landsburgers kan nie verder vertraag word nie. Uutoni het verwysing gemaak oor die teikens van die tweede Harambee welvaartsplan. Hy sê daar is talle gemeenskappe regoor die land wat sake in eie hande geneem het en hulle huise bou. Volgens hom […]

Read More

VN ondersoek Belarus - May 20, 2021

Die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, het drie hoëvlak-kenners aangestel vir die VN-menseregte-kantoor se feitesending oor Belarus. Hulle sal behulpsaam wees met ‘n omvattende ondersoek oor beweerde mensregteskendings in Belarus sedert Mei verlede jaar. Dit sluit in moontlike geslagsverwante oortredings. Bachelet sê die feitesending se werk sal ‘n deurslaggewende rol speel […]

Read More

Kaapstad sê hy is slaggereed vir Sewes - May 20, 2021

Die Burgemeester van die Stad Kaapstad, Dan Plato, sê hulle is opgewonde oor die geleentheid om volgende jaar die Sewes-wêreldbeker aan te bied. Die lande wat reeds vir die manstoernooi gekwalifiseer het sluit in die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, asook Engeland, Suid-Afrika se Blitsbokke, Fijdi, Argentinië, Amerika, Frankryk en Skotland. Plato se Woordvoerder, Lyndon Khan, sê […]

Read More

Jy kan EU besoek as jy ten volle ingeënt is - May 20, 2021

Die Europese Unie se raad het ingestem om hul benadering tot reisigers van buite die unie aan te pas. Verteenwoordigers van die 27 lidlande het voorlopig ingestem tot ‘n beleid waarvolgens enigeen van ‘n land buite die EU na die unielande kan reis indien hulle kan bewys dat hulle ten volle teen Covid-19 ingeënt is. […]

Read More

NBC: saak word op 26 Mei aangehoor - May 20, 2021

Regter Collins Parker sal op 26 Mei die aansoek van die openbare werkers vakbond, Napwu, teen die NBC, die Namibiese regering en die Minister van Finansies aanhoor as dringend. Parker het Woensdag in die hof die aansoek as dringend aanvaar. Die vakbond sê die uitsaaier het die bepalings van die September 2011 ooreenkoms wat hy […]

Read More

Arandis se sake is chaos – Kandjeke - May 20, 2021

Die Ouditeur-Generaal Junias Kandjeke sê die Arandis Dorpsraad kan nie bewyse lewer oor die besteding van 50 miljoen Namibiese doller nie. Die ouditverslag, vir die 2017-2018 finansiële jaar, het ‘n nadelige ouditmening ontvang. Kandjeke sê die dorpsraad kan nie verduidelik hoe hy 39,4 miljoen doller bereken het vir slegte skuld nie en die raad se […]

Read More

Sonder bye is die wêreld sy kos kwyt - May 20, 2021

Vandag is Wêrelddag vir Bye. Die dag word gehou om bewustheid te kweek oor die noodsaaklike rol van bye en ander bestuiwers om mense en die planeet gesond te hou, asook die talle uitdagings wat ‘n invloed uitoefen. Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het Wêrelddag vir Bye in 2018 ingestel. Bestuiwers soos bye, voëls […]

Read More

LGBTQ: morele waardes is nie Swapo se verantwoordelikheid nie - May 20, 2021

Die Sekretaris-Generaal van die Swapo-jeugliga, Ephraim Nekongo, het gesê hulle het met kommer in die nuus verneem dat daar mense is wat homoseksualiteit wil wettig. Nekongo het sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus gegee en gesê die regerende party het ‘n kontrak met Namibiërs om vir beter gesondheidsorg, water en paaie-infrastruktuur en werkskepping te sorg, […]

Read More

Skokkend dat net 2% van Afrikane geënt is – Ramaphosa - May 20, 2021

President Cyril Ramaphosa het sy oproep herhaal dat Afrikalande hul eie Covid-19-entstof moet kan vervaardig om die voorraad te verhoog. Hy het met Franse media gepraat tydens President Emmanuel Macron se beraad oor die finansiering van Afrika-ekonomieë. Ramaphosa sê dit is onaanvaarbaar dat slegs 2 persent van die vasteland se inwoners ingeënt is:

Read More

Gaza: Biden soek stappe vir skietstilstand - May 20, 2021

Die Withuis sê President Joe Biden het aan die Israelse Eerste Minister, Benjamin Netanyahu, gesê hy verwag ‘n beduidende afname in geweld op die pad na ‘n skietstilstand. Die Withuis sê die twee leiers het ‘n omvattende gesprek gevoer oor die stand van sake in Gaza, Israel se vordering om Hamas se bedrywighede te beperk, […]

Read More