Renosterhoringsmokkelaar se voertuig verbeurd verklaar - May 7, 2021

Renosterhoringsmokkelaar Tangi Sheefeni Namwandi wat op 15 Junie 2016 met vier renosterhorings in sy luukse voertuig betrap is, se voertuig is verbeurd aan die staat verklaar. Hy is in die Katutura-landdroshof gevonnis tot ‘n boete van N$20 000 of tronkstraf van 2 jaar waarvan 1 jaar vir 5 jaar opgeskort is. Die Hoof van die […]

Read More

Harbeespoort se eiendomme gesog - May 7, 2021

‘n Suid-Afrikaanse eiendomsagent skryf die skerp toename in die eiendomsmark in die Hartbeespoortdam-area in Noordwes toe aan die feit dat dit veilig is, langs water en binne bereik van geriewe is, en boonop is die Lanseria-lughawe net 30 minute ver. Pam Golding Properties se gebiedshoof, Erika van der Westhuizen, sê die area is gewild onder […]

Read More

Magashule se lot vandag bepaal - May 7, 2021

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal na berig word vanmiddag ‘n vergadering lei om die lot van die ANC se geskorste Sekretaris-Generaal, Ace Magashule, en sy teenkanting oor die besluit te bespreek. Volgens berigte sal Adjunkpresident David Mabuza, Tesourier-Generaal Paul Mashatile, Nasionale Voorsitter Gwede Mantashe en Jesse Duarte die vergadering bywoon. Daar sal na bewering ook […]

Read More

Plaaslike toeriste ondersteun Swakopmund - May 7, 2021

Swakopmund, as een van Namibië se grootste toerismetrekpleisters, is baie erg deur die pandemie geraak. Tog is daar tekens dat die toerismebedryf effe verbeter, het die Swakopmundse sakeman Anton von Wietersheim aan Kosmos 94,1 Nuus gesê. Hy sê daar kom nog nie baie internasionale toeriste kuier nie, net enkele selfry-toeriste wat slegs inkomste aan oornagplekke […]

Read More

Geslags-aktivis bevraagteken voedselsekuriteit vir vroue - May 7, 2021

Die Minister van Landbou, Water en Grondhervorming, Calle Schlettwein, het die ‘Strengthening Namibia’s food systems’-program van stapel gestuur. Japan het deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram sowat N$14,5 miljoen aan die program geskenk. Dit fokus op die versterking van Namibië se voedselstelsels om ná noodgevalle en siektes te herstel. Voedselsekuriteit is ‘n uitdaging in Namibië, […]

Read More

Repatriasievlugte vir Australiërs uit Indië - May 7, 2021

Die Australiese eerste minister Scott Morrison het aangekondig dat repatriasievlugte vir sy kwesbare burgers in Indië volgende week sal hervat. Sowat 900 burgers sal ontruim word. Dit volg na wydverspreide kritiek op ‘n omstrede verbod op vlugte uit Indië ná ‘n skerp styging in korona-gevalle in dié land. Die Australiese regering het selfs gedreig dat […]

Read More

NV se verhoor van LPM-leiers op 18 Mei - May 7, 2021

Die parlementêre staande komitee sal sy verslag oor die LPM-leiers Bernadus Swartbooi en Henry Seibeb aan die Nasionale Vergadering op 8 Junie voorlê. Die komitee sal op 18 Mei ‘n verhoor oor die kwessie skeduleer. Daartydens sal hulle bewyse van verskeie parlementariërs aanhoor wat op die drama-dag van 15 April tydens die Staatsrede teenwoordig was […]

Read More

Boulter hoor Dinsdag van borgtog - May 7, 2021

Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, gaan eers volgende week Dinsdag hoor of hy op borgtog vrygelaat gaan word. Landdros Immanuel Udjombala het uitspraak voorbehou. Boulter, wat op ‘n moordklag op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk tereg staan, staar bykomende klagte in die gesig. Hy word ook van regsverydeling en die onwettige besit van […]

Read More

Keiser se kop gevind - May 7, 2021

Die marmer-kop van Rome se eerste keiser is in Isernia in die suid-sentrale streek van Italië ontdek. Keiser Augustus se 2 000 jaar oue kop het vermoedelik losgekom van ‘n standbeeld wat oorspronklik meer as 2 meter hoog was. Volgens berigte is dit van dieselfde marmer gemaak wat die beroemde Renaissance-kunstenaar Michelangelo verkies het om […]

Read More

Padnetwerk ondersteun ekonomiese groei - May 7, 2021

Die Adjunkminister van Werke en Vervoer Veikko Nekundi het weer beklemtoon hoe belangrik ‘n padnetwerk is vir die land se ekonomiese ontwikkeling. Hy voeg by dat die welstand van gemeenskappe ook staatmaak op goeie paaie wat op hulle beurt toegang na die gemeenskappe bied. Gesondheid en onderwys maak ook staat op toegang na gemeenskappe, veral […]

Read More