
Versoekskrif oor vuurwapenwet - May 26, 2021
Meer as 220 000 mense in die buurland het al ‘n versoekskrif onderteken wat vra dat selfverdediging as rede kan dien om ‘n vuurwapen te besit. Dit sal nie moontlik wees indien wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens deurgevoer word nie.
Minder toetse, minder Covid-gevalle - May 26, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag 171 nuwe Covid-19-gevalle in agt streke uit slegs 723 toetsresultate bevestig. In die groep is 20 leerders, 3 onderwysers, 5 studente en 10 gesondheidswerkers. Daar is 3 207 aktiewe gevalle met 242 mense in hospitale, waarvan 51 in hoësorgeenhede is. Tien sterfgevalle is in onderskeidelik Windhoek, Mariental, Rehoboth en Swakopmund […]
Ovaherero-opperhoof verwerp ooreenkoms - May 26, 2021
Die Ovaherero-opperhoof, Vekuii Rukoro, het vanmiddag die voorgestelde ooreenkoms, wat individuele vergoeding vir mense wat deur die volksmoord geraak word, verwerp. Dit volg ná die spesiale gesant van Namibië oor die volksmoord van die Nama en Herero van 1904-1908, dr. Zed Ngavirue, op Twitter bevestig het dat hulle positiewe gesprekke met die Duitse regering oor […]
Een van vyfling sterf - May 26, 2021
Hilia Kalume, wat op 17 Mei in Windhoek geboorte aan ‘n vyfling geskenk het, het gesê haar jongste babadogtertjie het Vrydag gesterf. Die ander vier babas – drie seuntjies en ‘n babameisie – is na die Rhino Park Private Hospital vir behandeling en waarneming oorgeplaas. Die goewerneur van die Khomas-streek, Laura McLeod-Katjirua, spreek haar innige […]
Job: Rooilyn is koloniale struktuur - May 26, 2021
Windhoekse burgemeester, dr. Job Amupanda, sleep die regering hof toe oor die veterinêre kordonheining. Sy regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo, het vandag hofdokumente by die Windhoek-hoërhof ingedien. Amupanda sê die sogenaamde Rooilyn is ‘n koloniale struktuur wat die beweging van mense en diere van noordelike na suidelike Namibië beheer. Amoomo het aan Kosmos 94.1 gesê dit is […]
Aussies begrawe onderklere in grond - May 26, 2021
Sowat 400 boere en skoolkinders in Australië het begin om hulle katoen-onderklere in die grond te begrawe en dit agt weke later weer op te grawe. Dit is alles deel van ‘n projek wat wetenskaplikes in staat stel om grond se gesondheid te ondersoek. Die burgerlike wetenskap-projek het in Amerika ontstaan en word die Soil […]
Dominic Cummings maak skok-onthullings oor Boris - May 26, 2021
Die Britse eerste minister Boris Johnson se voormalige raadgewer, Dominic Cummings, is steeds besig om skokkende bewyse aan parlementslede bekend te maak oor die Verenigde Koninkryk se vroeë hantering van die korona-uitbreking. Hy het aan LP’s vertel dat Johnson dit as die nuwe varkgriep en ‘n bangmaakstorie beskryf het. Cummings het ook onthul dat die […]
Stad Tswane wil beter diens lewer - May 26, 2021
Die Stad Tshwane sê hy werk hard daaraan om seker te maak dat hy so gou as moontlik op kliënte se klagtes reageer. Die stad is swaar getref deur Covid-19 en die gevolglike inperkingstydperke wat tot agterstande gelei het. ‘n Woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman, sê sommige inwoners het verkies om nie self sentrums […]
Tieners traag vir inentings - May 26, 2021
Die wêreld is besig om mense teen Covid-19 in te ent, maar in Amerika is daar berigte dat tieners traag is om vir inentings op te daag. Navorsing dui aan dat mense bang is vir die inspuiting. Dr. Arnold Elfenbein sê mense moet bewus gemaak word dat dit belangrik is om ingeënt te word.
Zuma gebruik glo weer vertragingstegniek - May 26, 2021
Die Nasionale Vervolgingsgesag het die verdediging in die Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma se korrupsieverhoor daarvan beskuldig dat hulle vertragingstaktieke gebruik. Die saak teen Zuma en die Franse wapenvervaardiger, Thales, is vanoggend in die Pietermaritzburgse Hooggeregshof tot 19 Julie uitgestel. Zuma en Thales het onskuldig gepleit op aanklagte van korrupsie, bedrog, afpersing en geldwassery wat met […]