Nampol maan teen vals berigte oor ontvoerings - May 28, 2021

Die Namibiese polisie het gesê voorlopige ondersoeke het bevind dat ‘n 13-jarige seun van Walvisbaai wat na bewering ontvoer is, eintlik van die huis af weggeloop het. Maatskaplike werkers en Nampol se geslagsgeweld-afdeling is besig met ‘n ondersoek om uit te vind waarom die seun weggeloop het. Die bevelvoerder van gemeenskapsake in die Erongostreek, hoofinspector […]

Read More

Ruimtevaarder erken skuld op dood van susters - May 28, 2021

James Halsel Junior, ‘n voormalige Nasa-ruimtevaarder, het skuld beken nadat twee susters (13 en 11) byna vyf jaar gelede in ‘n ongeluk dood is. Volgens internasionale media was hy glo onder die invloed van alkohol en dwelms toe hy in ‘n ander voertuig vasgery het.

Read More

Pryse van landbouchemikalieë styg - May 28, 2021

‘n Ekonoom van Graan SA waarsku dat ‘n styging in die pryse van landbou-chemikalieë op die internasionale mark niks goeds vir Suid-Afrikaanse graanprodusente voorspel nie. Volgens Ikageng Maluleke het landbou-chemiese pryse, insluitend die prys van kunsmis, hoog gebly as gevolg van die verhoogde aanvraag tydens die produksieseisoen in die Noordelike Halfrond. Maluleke sê die enigste […]

Read More

Kanker-appelprojek mondig - May 28, 2021

Die 2021 Bank Windhoek Kanker-appelprojek het vandag in samewerking met die Kankervereniging van Nambië afgeskop. Dit is een van die mees suksesvolle fondsinsamelingsprojekte en is vanjaar mondig nadat dit in 2000 van stapel gestuur is. Op 30 Junie sal appels, selfs ‘n e-appel, te koop wees. Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging Rolf Hansen deel […]

Read More

Afskaf van blitstoetse is slag vir toerisme - May 28, 2021

Die nuwe Covid-regulasies wat vandag deur die Namibiese Gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, aangekondig is, is ‘n slag vir toerisme. Die afskaffing van die blitstoetse vir reisigers, is weer een stap terug vir die toerismesektor, sê die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsverniging van Namibië, Gitta Paetzold aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Swapo-jeugliga vaar uit teen Mama Africa - May 28, 2021

Die Swapo-jeugliga het geëis dat die uitvoerende direkteur van Rights Not Rescue Trust of Namibia, Nikodemus Kamanghoti, bekend as Mama Africa, sy verklaring terugtrek waar hy vir Oudpresident Sam Nujoma gevra het om sy standpunt oor homoseksualiteit terug te trek. Swapo-jeugliga sê sy goeie reputasie word geskend om hul veldtog te bevorder om homoseksualiteit te […]

Read More

Tokio se ramptoestand veleng om Spele te red - May 28, 2021

Japan gaan vandag die ramptoestand in Tokio en ander gebiede verleng tot minstens ‘n maand voor die Olimpiese Spele, berig internasionale media. Dit behels meestal dat kroeë en restaurante vroeër moet sluit, terwyl die verkoop van alkohol ook verbied kan word.

Read More

SA: Geen beurtkrag die naweek - May 28, 2021

Ná ‘n week van foute wat Eskom se kragopwekkingsvermoë onder baie druk geplaas het, het die situasie verbeter. Eskom beoog nie om vandag of die naweek beurtkrag in te stel nie. Volgens Eskom is die vraag na krag ook minder.

Read More

Spesiale Ondersoekeenheid gaan verdagtes se pensioene bevries - May 28, 2021

Die Spesiale Ondersoekeenheid van Suid-Afrika sê hy het begin om die pensioene van amptenare te bevries wat verdink word dat hulle by finansiële wangedrag en korrupsie betrokke is. Die hoof van die SOE, Andy Mothibi, sê dit word gedoen om amptenare te verhoed om te bedank sonder om vir die gevolge van hulle optrede te […]

Read More

Namibiese presidensie ontken Geingob is in hospitaal - May 28, 2021

Intussen het die Namibiese presidensie woordvoerder, dr. Alfredo Hengari aan Kosmos 94.1 Nuus op navraag bevestig dat President Hage Geingob nie in ‘n hospitaal is nie. Daar is beweringe dat hy gisteraand by ‘n private hospitaal in Windhoek opgeneem is. Hengari het dit ten sterkste ontken.

Read More