SANParke-hoof in hof vir seksuele aanranding - May 11, 2021

Die uitvoerende hoof van SANParke, Fundisele Mketeni, is op spesiale verlof geplaas ná sy hofverskyning weens bewerings van seksuele aanranding. Mketeni, twee ander manlike werknemers van SANParke, sowel as ‘n vrou wat nie ‘n werknemer is nie, het vandag in die hof verskyn nadat die aanklagte Vrydag in Skukuza in die Kruger-wildtuin ingedien is. SANParke […]

Read More

Ace moet ANC-partylede respekteer - May 11, 2021

Die ANC verwag dat die party se geskorste Sekretaris-Generaal Ace Magashule hierdie week in die openbaar verskoning sal aanteken. Die Adjunk-Sekretaris-Generaal Jessie Duarte het die Suid-Afrikaanse media toegespreek oor die uitslag van die NUK se vergadering. Sy sê die party eis die dringende onttrekking van Magashule se verklaring oor President Cyril Ramaphosa se skorsing. Sy […]

Read More

Namibiër vertel uit Rusland oor skietvoorval - May 11, 2021

‘n Namibiër en voormalige omroeper van Kosmos 94.1, Luandi Nel, wat in Kazan in Rusland woon waar die skoolskietery plaasgevind het, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus, dat die voorval omstreeks half-10 gebeur het. Sy sê ‘n 19-jarige oudleerling het by die skool ingestap en begin skote afvuur. Sewe kinders tussen die ouderdomme van 13 en […]

Read More

Vissermanne, mynwerkers nuwe Covid-gevalle - May 11, 2021

Die Namibiese Gesondheidsministerie het 92 nuwe Covid-gevalle uit 1 173 toetsresultate aangekondig. Uit die groep is 3 leerlinge, 4 studente, 1 elk onderwyser en gesondheidswerker, 5 mynwerkers en 7 in die visserybedryf. Vyf sterfgevalle is aangemeld en 134 mense het herstel.

Read More

Forum vir Duitssprekende Namibiërs gestig - May 11, 2021

Die Forum van Duitssprekende Namibiërs is onlangs gestig. Sowat 100 lede het aan die digitale vergadering deelgeneem en as lede ingeskryf. Een van die hoofdoelwitte van die Forum is, om die Duitssprekende gemeenskap tot ‘n meer aktiewe deelname in die Namibiese samelewing te motiveer. Dit behels onder meer ‘n groter betrokkenheid in politieke, ekonomiese, sosiale […]

Read More

Indiese krieketspelers ontvang Covid-inentings - May 11, 2021

Indiese krieketspelers het op die vooraand van hul toer na Engeland aanstaande maand, hul eerste dosis van Covid-inentings gekry. Indië is tans die land waar die meeste sterfgevalle per dag aangemeld word.

Read More

Old Mutual in top-10 - May 11, 2021

Die 2021 Handelsmerk Finansiële Verslag het Old Mutual as die 10de sterkste versekeringsmaatskappy ter wêreld gelys. Alhoewel die maatskappy vanjaar vanaf die 4de tot die 9de plek gesak het, bly Old Mutual steeds die enigste versekeraar in Afrika op dié toplys. Kommunikasiebestuurder van Old Mutual Namibia, Mauriza Fredricks, het haar opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Ace moet binne 2 dae jammer sê - May 11, 2021

Ace Magashule is 48 uur gegee om die ANC-gemeenskap en die res van Suid-Afrika om verskoning te vra vir sy poging om Cyril Ramaphosa as ANC-leier te skors. Indien hy nie jammer sê nie, sal tugstappe volg, het die ANC se Waarnemende Sekretaris-Generaal, Jessie Duarte, aan Suid-Afrikaanse media gesê.

Read More

Kawana besoek Polisiehoof - May 11, 2021

Dr. Albert Kawana, die nuwe Namibiese Minister van Binnelandse Sake, Veiligheid en Sekuriteit, het ‘n besoek aan die Namibiese Polisiehoof, Luitenant-Generaal Sebastian Ndeitunga, afgelê. Kawana het aan Namibiese media gesê Nampol-beamptes staar vele uitdagings in die gesig soos gebrek aan toerusting, vervoer, akkommodasie, beperkte mannekrag en lae besoldiging. Hy beplan om ‘n landswye toer te […]

Read More

Nuwe Guinness Wêreldrekord! - May 11, 2021

Die Guinness Wêreldrekord vir die langste vertikale klim in 24 uur het ‘n nuwe baas! Dit, nadat twee Kapenaars gisteraand net voor middernag, die nuwe rekord in die Moederstad opgestel het. Ons Kaapse korrespondent Fritz Platt gesels met AJ Calitz.

Read More