
Indiese variant ook in Israel - April 20, 2021
Israel sê hy het 8 gevalle van die Indiese variant van Covid-19 aangemeld maar sê die Pfizer entstof is steeds gedeeltelik effektief daarteen. Die land se gesondheid owerhede het aangekondig dat verdere ondersoek ingestel word en dat toetse met entstowwe voortgaan. Brittanje en Ierland het ook aangekondig dat die variant teenwoordig is maar het geen […]
Uefa is boos oor Superliga - April 20, 2021
Brittanje se sekretaris van Kultuursake, Oliver Dowden, het op aandrang van Britse sokkerondersteuners begin om sokker in dié land te hersien. Dit volg na die besluit van 12 Europese spanne om ‘n nuwe Superliga tot stand te bring. Die Britse klubs wat die nuwe Superliga ondersteun, sluit in Manchester City, Manchester United, Arsenal, Chelsea, Liverpool […]
Toyota en groen waterstof – not baie ver - April 20, 2021
Toyota Suid-Afrika sê daar is nog geen tydsraamwerk vir die beoogde loodsprojek om in samewerking met Sasol groen waterstof op ‘n spesifieke roete te gebruik nie. Die twee maatskappye het onlangs ‘n vennootskap aangegaan om ‘n projek te ontwikkel wat een van Suid-Afrika se belangrikste vragroetes, soos die N-3 tussen Johannesburg en Durban, te gebruik […]
Dinge het goed verloop met gesprek met polisie - April 20, 2021
‘n Polisie afvaardiging het oor die naweek boere van in die Omitara gebied ontmoet om te gesels oor uitdagings met misdaad, veral veediefstal. Die geleentheid is op Marina Lamprecht se plaas Rooikraal gehou en is die derde vergadering tussen owerhede en boere. Die polisie se afvaardiging is gelei deur Generaal-Majoor Joseph Shikongo, die Hoof van […]
18 jaar om titelakte te bekom - April 20, 2021
‘n Boer van Limpopo het na 18 jaar uiteindelik daarin geslaag om sy plaas op sy naam te laat oordra. David Rakgase is in 2002 ingevolge die Grond-herverspreiding vir Landbou-ontwikkelingsprogram die keuse gegee om Nooitgedacht te koop, maar die regering het daarna kop uitgetrek. Die DA Parlementslid Annette Steyn sê die koop-ooreenkoms is eers onderteken […]
De la Rey se graf verniel - April 20, 2021
Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op inwoners van Noordwes in die buurland om met inligting na vore te kom oor die diefstal van die borsbeeld en koperplaat van die Anglo-Boereoorlog-held, Generaal Koos de la Rey, sodat die skuldiges vasgetrek kan word. ‘n Woordvoerder, Fanie de Toit, sê dit volg nadat De la Rey se […]
Jonger mense doen ernstige Covid op - April 20, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie is uiters bekommerd oor die toenemende koers waarteen mense tussen 29 en 59 in die hospitaal beland weens Covid-19. Talle lande, insluitend Indië, het ‘n skerp styging in gevalle aangemeld. Die WGO se Sekretaris-Generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê ‘n kommerwekkende toename in korona-virus gevalle en sterftes is die afgelope week ondervind:
Tafelberg brand steeds - April 20, 2021
‘n Grys rookwolk hang vanoggend steeds oor Kaapstad waar die brand wat sedert Sondagoggend woed, steeds nie geblus is nie. ‘n Gebied van meer as vierduisend hektaar in die Tafelberg Nasionale Park het afgebrand. Die park se Brandbestuurder, Philip Prins, sê hulle bly op gereedheids-grondslag omdat die brand waarskynlik slegs teen die einde van die […]
Fonds vir aandoenings weens inentings onvoldoende – AfriForum - April 20, 2021
AfriForum sê die ANC-regering se swak prestasierekord is ‘n bewys daarvan dat die administrasie van die voorgestelde vergoedingsfonds vir aandoenings weens Covid-19 inentings búíte ‘n regeringsdepartement geskep móét word. Die voorgestelde skema sal vinnige en maklike toegang bied vir vergoeding aan mense wat aandoenings weens die toediening van ‘n Covid-19 inenting ontwikkel het het. Barend […]
Entstof verspreiding is oneties – Gretha - April 20, 2021
Die omgewingsaktivis Greta Thunberg het ‘n dringende beroep op lande en vervaardigers van Covid-19 entstowwe gedoen om hul produksie te verhoog sodat soveel mense moontlik wêreldwyd ingeënt kan word. Thunberg steun die Wêreldgesondheidsorganisasie se veldtog vir gelyke toegang tot Covid-19 entstowwe. Haar stigting gaan geld aan die WGO se Covax-projek skenk. Thunberg sê dit is […]