
Kommer oor sekuriteit in Tsjad - April 21, 2021
President Cyril Ramaphosa het sy kommer uitgespreek oor die verwikkelinge in die Republiek van Tsjad waarby gewapende groepe betrokke is. Dit volg nadat die land se president, Idriss Déby, dood is tydens skermutselings met rebelle. Ramaphosa sê geweld moet onmiddellik gestaak word om vrede en bestendigheid na Tsjad te bring as deel van pogings om […]
Wees paraat vir rowers – Erongo polisie - April 21, 2021
Die Erongo polisie het inwoners van Swakopmund en Walvisbaai gewaarsku oor wat die mag beskryf as bendes wat vulstasies en besighede beroof. Inspekteur Ileni Shpaumba, die bevelvoerder van Gemeenskapspolisiëring in die streek het ook ‘n beroep op die inwoners gedoen om paraat te wees. Owerhede het intelligensie oor verskeie vermeende rowers wat opgelet is by […]
Publiek en media van Fishrot-verrigtinge bywoon - April 21, 2021
Die Namibiese Regbank het aangekondig dat die voorverhoor van die Fishrot-saak wat môre in die Hoërhof begin, nie regstreeks uitgesaai sal word nie. Verrigtinge is oop die lede van die media en die publiek. Selma Mwaetako, die Skakelbeampte by die Regbank het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Ontmoet ons Olimpiese atlete - April 21, 2021
Namibië se Olimpiese atlete sal Saterdag aan die publiek bekend gestel word by ‘n geleentheid wat deur die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee gereël word. Die atlete sal by die Wernhil Inkopiesentrum wees soos die President van die plaaslike Olimpiese komitee Abner Axel Xoagub verduidelik…
EU vier Europa-dag met talle geleenthede plaaslik - April 21, 2021
Die Europese Kommissie in Namibië sal Vrydag meer besonderhede bekendmaak oor die vieringe wat oor die volgende paar weke sal plaasvind om nie net Persvryheidsdag en die Windhoek Deklarasie te herdenk nie maar ook Europa-dag wat op die 9 Mei herdenk word. Daar is verskeie geleenthede soos Susan Marie-Lewis, Kommunikasie Beampte by die kommissie verduidelik..
Publiek en media van Fishrot-verrigtinge bywoon - April 21, 2021
Die Namibiese Regbank het aangekondig dat die voorverhoor van die Fishrot-saak wat môre in die Hoërhof begin, nie regstreeks uitgesaai sal word nie. Verrigtinge is oop die lede van die media en die publiek. Selma Mwaetako, die Skakelbeampte by die Regbank het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Nuwe lisensies vir SA loodse - April 21, 2021
Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaart-owerheid gaan vandag ‘n kaartlisensie vir lugvaartpersoneel bekendstel wat die boekies sal vervang wat tans gebruik word om lisensiehouers te identifiseer. ‘n Woordvoerder van die owerheid, Kabelo Ledwaba, sê die kaart het talle voordele en meer veiligheidskenmerke. Hy sê gevorderde tegnologie wat in identifikasiekaarte gebruik word, maak dit feitlik onmoontlik om te vervals:
Bouplanne in hoofstad bekend vir Maart - April 21, 2021
Stad Windhoek het 228 bouplanne in Maart goedgekeur wat 3,2 persent hoër is as die planne wat in Februarie goedgekeur is. Luidens die verslag wat deur IJG Sekuriteite saamgestel is die planne 158,1 miljoen Namibiese doller werd. Geboue ter waarde van 94,3 miljoen doller is voltooi tydens Maart, wat 73,4 persent hoër is as die […]
Buy Local, Grow Namibia kom weer - April 21, 2021
Die Namibiese Ministerie van Industrialisasie berei voor vir ‘n tweede fase van die Buy Local, Grow Namibia veldtog. Die veldtog moedig Namibiërs aan om plaaslike produkte te ondersteun. Die Voorsitter van die Team Namibia raad Pieter van Niekerk het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Strandmyne by Weskus veroorsaak betoging - April 21, 2021
‘n Groep omgewingsaktiviste van die drukgroep Protect The West Coast het ‘n vreedsame betoging gehou teen die ontginning van die strand by die Torminmyn naby Brand se Baai aan die Weskus. Hulle het ook ‘n griefskrif aan ‘n verteenwoordiger van die Australiese mynmaatskappy, die Mineral Sands Resources, oorhandig. Die leier van die betoging, Mike Schlebach, […]