
Swapo moes sy mense beter opgelei het - June 7, 2021
Die regte van die LGBTQ-gemeenskap is steeds in die nuus. Uitlatings deur die regerende party soos die Swapo Jeugliga, sowel as die party se ouderlingsraad, en kerke, wek groot kommer onder voorstanders van menseregte. Toni Hancox, direkteur by die Namibiese Regshulpsentrum, sê lede van die gemeenskap het ‘n reg om hulle lewens te lewe en […]
El Salvador dalk eerste om Bitcoin amptelik te aanvaar - June 7, 2021
Die President van El Salvador, Nayid Bukele, sê sy land kan die eerste ter wêreld word wat die Bitcoin-geldeenheid as betaalmiddel aanvaar. Bukele wil ‘n wetsontwerp indien wat volgens hom dié land in Sentraal-Amerika kan transformeer. Hy hoop die stap sal duisende mense by die wettige ekonomie insluit. Sewentig-persent van El Salvador se inwoners beskik […]
Nuwe pyplyn vir Erongo-watervoorsiening - June 7, 2021
Die Namibiese minister van landbou het oor die naweek die Kuiseb 2 Schwarzekuppe-Swakopmund pyplyn in gebruik geneem. Die pyplyn koppel die Kuiseb en Omaruru deltas, sowel as water van die ontsoutingsaanleg en bedien die dorpe in die omgewing. Die 76-kilometer pyplyn vervang die oorspronklike een wat in 1974 in gebruik geneem is. NamWater se tegniese […]
Vreemde voorval by padblokkade in die Noorde - June 7, 2021
Die Namibiese polisie ondersoek ‘n voorval van moord en selfmoord by die Onhuno padblokkade in die Endola kiesafdeling in die noorde. Volgens owerhede het ‘n 45-jarige man sy broer, 32, in die motor geskiet en net voor die padblokkade, hom uit die motor gegooi. Hy is deur owerhede voorgekeer en terwyl die polisie beampte na […]
Namibiese kunstenaar onthou Shaleen so - June 7, 2021
Reaksie word ontvang op die afsterwe van die geliefde Suid-Afrikaanse aktrise Shaleen Surtie Richards. Sy is vanoggend in haar huis in Johannesburg oorlede op die ouderdom van 66 jaar. Die Namibiese komediant en dramaturg Severius Madjiet en jarelange vriend onthou Shaleen so…
Die pandemie is nie verby voor dit nie oral verby is nie - June 7, 2021
Die voormalige Britse premier Gordon Brown het weer beklemtoon hoe belangrik samewerking in die bekamping van die pandemie is. Hy het aan Amerikaanse media gesê die pandemie sal nooit verby wees as dit nie oral verby is nie. Hy het die jongste oorsig oor die stand van toerisme so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord…
Namibiese kunstenaar onthou Shaleen so - June 7, 2021
Reaksie word ontvang op die afsterwe van die geliefde Suid-Afrikaanse aktrise Shaleen Surtie Richards. Sy is vanoggend in haar huis in Johannesburg oorlede op die ouderdom van 66 jaar. Die Namibiese komediant en dramaturg Severius Madjiet en jarelange vriend onthou Shaleen so…
Geliefde ‘Nenna’ sterf - June 7, 2021
Shaleen Surtie Richards, beste bekend vir haar rol as Nenna in die Suid-Afrikaanse sepie Egoli en Fiela Komotie in die ikonies rolprent Fiela se Kind, is op die ouderdom van 66 oorlede. Berigte uit die buurland lei dat sy in haar huis in Johannesburg oorlede is maar daar is geen verdere inligting in die huidige […]
Dit gaan goed met Geingob-egpaar - June 7, 2021
Terwyl President Hage Geingob tekens toon van totale herstel van sy Covid-infeksie is dit nie duidelik wanneer hy terug sal keer werk toe nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa Amadhila gepraat…
Sinovac in China vir kinders, 3 – 17, goedgekeur - June 7, 2021
Die tweede Covid-inenting is goedgekeur vir gebruik in kinders. Internasionale nuusagentskappe berig dat China die noodgebruik van die Sinovac-entstof in persone tussen die ouderdomme van 3 en 17 jaar, goedgekeur het. Die Pfizer-entstof is in die EU en die VSA goedgekeur vir gebruik in kinders tussen die ouderdomme van 12 en 15.