
Dis Dag van die Afrika-kind - June 16, 2021
Dag van die Afrika-kind word vandag plaaslik herdenk. Die toestande waarin Namibiese kinders hulself bevind is nie gunstig nie en armoede en geweld is van die grootste uitdagings vir die groep landsburgers. Meer as helfte van Namibië se skoolgaande kinders maak staat op die skoolvoedingsprogram om ‘n ete ‘n dag te bekom. Kosmos 94.1 Nuus […]
ANC neem nie heraangewende medikasie in ag nie - June 16, 2021
Die burgerregte-organisasie AfriForum sê President Cyril Ramaphosa se verbeeldinglose toespraak, waarin hy vlak drie-inperkings aangekondig het, maak dit duidelik dat doeltreffende vroeë behandeling en voorkoming met behulp van heraangewende medisynes soos ivermektien steeds nie op die regering se agenda is nie. Dít ten spyte daarvan dat oorweldigende wetenskaplike bewyse bestaan dat dit lewens kan red […]
Infeksie-koers per kapita is hoër as Indië sin - June 16, 2021
Op die oomblik is Namibië se infeksie-koers hoër as die huidige koers in Indië. Plaaslik is daar 255 gevalle per 100 000 mense en in Indië is daar 43. Ekonome is van mening dat om die pandemie uiteindelik hok te slaan moet meer inentings plaasvind. Net minder as 15 000 Namibiërs is ten volle ingeënt. […]
Marcell sê sy droom word waar - June 16, 2021
Die kaptein van die Bulls, Marcell Coetzee, sê hy koester die geleentheid om die span Saterdag op die veld te lei in die Reënboogbeker-eindstryd teen Benetton in Italië. Hy is as kaptein aangewys in die plek van sy beseerde Springbok-spanmaat Duane Vermeulen. Coetzee sê dis die verwesenliking van ‘n droom om in die eindstryd te […]
Vlak drie deur drankhandelaars verwelkom in SA - June 16, 2021
Die nasionale raad vir drankhandelaars in Suid-Afrika het die ANC-regering se besluit verwelkom om op vlak drie-inperking nie die gebruik van alkohol op persele te verbied nie. Taverne-eienaars het hard gewerk om besoekers te oorreed om Covid-19-protokolle toe te pas en sal voortgaan om dit te doen. Die nasionale raad se sameroeper, Lucky Ntimane, sê […]
DA sê inperkings is net nodig omdat inentingsveldtog gefaal het - June 16, 2021
Die DA-leier John Steenhuisen sê die beperkings wat President Cyril Ramaphosa aangekondig het, is slegs nodig weens sy administrasie se onvermoë om voldoende entstof-voorraad te bekom; om die inentingsveldtog suksesvol te beplan en uit te voer; en die kapasiteit vir gesondheidsorg te vestig. Die DA vra dat ‘n omvattende parlementêre ondersoek gedoen word na die […]
Moordwalvisse kommunikeer op basis van ouderdom en geslag - June 16, 2021
‘n Onlangse studie deur die Universiteit van Exeter en die Sentrum vir Walvisnavorsing het bevind dat moordwalvisse moontlik volgens geslag en ouderdom met mekaar kommunikeer en sosialiseer. Die jonger walvisse asook die vroulike diere blyk meer sosiaal as ander groepe te wees. Navorsers het hommeltuig-kameras gebruik om ‘n groep moordwalvisse langs die kus van die […]
Ivermektien: daar is nie genoeg data nie - June 16, 2021
Die ivermektien debat duur voort en die plaaslike Medisyne Beheerraad het in ‘n verklaring gesê daar nie genoegsame data beskikbaar is om die gebruik van die middel teen Covid te ondersteun nie. Die raad sê die beskikbare studies het wydlopende dosisse benut en verder, dat talle ander medikasie saam met die middel in die studies […]
Swapo sê beledigings teen Geingob is onaanvaarbaar - June 16, 2021
Die streekskoördineerders van die Swapo-party in Khomas het in ‘n verklaring skerp gereageer op die voormalige Swapo minister Kazenambo Kazenambo se aanmerking dat President Hage Geingob ‘n idioot is en ongeletterd is. Kazenambo het die aanmerkings gemaak in verband met die ooreenkoms met Duitsland vir vergoeding vir die volksmoord. Swapo sê die tipe van beledigings […]
Recon sê hy tree volgens wet op - June 16, 2021
Die parlementêre staande komitee vir natuurlike hulpbronne het ‘n verhoor gehou met ‘n groep organisasies wat ReconAfrica se soektog na olie in die Kavango-streek teenstaan. ReconAfrica, ‘n Kanadese olie- en gasmaatskappy, het aangekondig dat olie- en gas gevind is, wat ‘n bewys is van ‘n werkende petroleumstelsel in die Kavango-kom. Ndapewoshali Shapwanale, woordvoerder van ReconAfrica, […]