
Kommer oor omgewing neem toe - May 20, 2021
Internasionale navorsing deur die Ekonomiese Intelligensie-eenheid wat deur die Wêreld-natuurfonds aangevra is, toon openbare kommer oor die natuur het die afgelope vyf jaar met 16 persent toegeneem. Die inligting is bekend gemaak voor Internasionale Biodiversiteitsdag wat die Verenige Nasies vir 22 Mei verklaar het om begrip en bewustheid oor biodiversiteits-kwessies te verhoog. Die verslag toon […]
Cyril sê konflik in die Midde Ooste herinner aan apartheid - May 20, 2021
President Cyril Ramaphosa sê die konflik tussen Israel en Palestina bring skokkende herinneringe terug aan die geskiedenis van Suid-Afrika tydens apartheid. Minstens 227 mense, waaronder meer as 100 vroue en kinders, het tot dusver in Gaza gesterf en 12 mense, insluitend kinders, in Israel. Ramaphosa sê die situasie is kommerwekkend en Suid-Afrika is bereid om […]
Onderwysers se salarisse nie vertraag nie - May 20, 2021
Die Namibiese Ministerie van Onderwys het ten sterkste reageer op ‘n stemgreep wat op sosiale media versprei is dat die betaling van onderwysers se salarisse vetraag is. Die Uitvoerende Direkteur in die ministerie Sanet Steenkamp sê dit is onwaar.
Kolbe wil graag teen die Leeus uitdraf - May 20, 2021
Die Wêreldbekerkampioen-Springbok Cheslin Kolbe sê as hy teen die Britse en Ierse Leeus kan uitdraf sal hy nog ‘n item op sy wenslysie kan afmerk. Hy hoop om sy Franse span, Toulouse, môre te help om die Europese Kampioenebeker te wen wanneer hulle op Twickenham in Londen in die eindstryd teen La Rochelle te staan […]
Norma getuig weer vandag oor Malusi - May 20, 2021
Oudminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou, Norma Mngoma, gaan na verwagting vandag oor Eskom getuig voor die staatskapingskommissie. Sy het tydens verlede maand se verskyning gesê Gigaba het geweet die Guptas het ‘n hand gehad in sy aanstelling en dié van Brian Molefe en Siyabonga Gama as uitvoerende hoofde van Eskom en Transnet. Mngoma beweer […]
Afstands-werksvisum moet ingestel word meen Kaapse owerhede - May 20, 2021
Die Wes-Kaapse regering sê die nasionale regering moet dringend ‘n afstands-werksvisum instel. Kaapstad is opgeneem op Big 7 Travel se jongste lys vir die 50 beste stede vir afstand-werk. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, David Maynier, sê die provinsie beskik oor alles wat nodig is om die beste afstand-werksligging in die wêreld te […]
Nakathila berei goed voor - May 20, 2021
Namibië se Wêreldboks-organisasie se super veergewigkampioen, Jeremiah ‘Lowkey’ Nakathila, het die kans van ‘n leeftyd gekry om vir die gesogte WBO-titel teen die Amerikaanse kampioen te veg. Nakathila sal op 12 Junie in Las Vegas in Nevada saam met die 22-jarige Shakur Stevenson in die kryt klim. Dit sal die hoofgeveg van die aand wees […]
Londense hof sê vandag oor uitlewering van Eskom-beskuldigde - May 20, 2021
Die Nasionale Vervolgingsgesag in die buurland sê die Westminster-landdroshof in Londen sal vandag uitspraak lewer oor die uitlewering van die gewese Eskom-kontrakteur Michael Lomas aan Suid-Afrika. Lomas is verlede maand in hegtenis geneem. Hy word betrek by ‘n tender tussen Eskom en Tubular Construction Projects. Die kragvoorsiener het 745 miljoen Namibiese doller aan die maatskappy […]
Ons moet huise lewer – Uutoni - May 20, 2021
Die Namibiese Minister van Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni sê die lewering van huise aan landsburgers kan nie verder vertraag word nie. Uutoni het verwysing gemaak oor die teikens van die tweede Harambee welvaartsplan. Hy sê daar is talle gemeenskappe regoor die land wat sake in eie hande geneem het en hulle huise bou. Volgens hom […]
VN ondersoek Belarus - May 20, 2021
Die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, het drie hoëvlak-kenners aangestel vir die VN-menseregte-kantoor se feitesending oor Belarus. Hulle sal behulpsaam wees met ‘n omvattende ondersoek oor beweerde mensregteskendings in Belarus sedert Mei verlede jaar. Dit sluit in moontlike geslagsverwante oortredings. Bachelet sê die feitesending se werk sal ‘n deurslaggewende rol speel […]