
Skietstilstand tussen Israel en Hamas dalk binnekort beklink - May 20, 2021
‘n Ooreenkoms rakende ’n skietstilstand tussen die Israelse weermag en Hamas kan so gou as Vrydag beklink word, het senior amptenare aangedui. Oor die laaste 11 dae is 8 Israeli’s dood en meer as 230 Palestynse burgerlikes en militante, berig internasionale media.
Renosterhoringsmokkelaar sterf - May 20, 2021
Die vermeende renosterhoringsmokkelaar Pendapala Paulus Herman is dood. Hy het in aanhouding siek geword en is volgens die Namibiese polisie na die Omuthiya-staatshospitaal en later na die Onandjokwe Lutherse Hospitaal oorgeplaas waar hy gesterf het. Die 48-jarige Herman word saam met Petrus Iipinge, Ludwig Nangolo en Angolees Fortunato José Queta, daarvan beskuldig dat hulle in […]
Unisa se taalbeleid word tans aangehoor - May 20, 2021
Die Konstitusionele Hof hoor tans AfriForum se aansoek vir verlof tot appèl aan teen ‘n vroeëre beslissing van die Appèlhof wat Unisa se taalbeleid oorweeg en tersyde gestel het. Unisa het in 2016 ‘n beleid aanvaar wat inheemse Afrikatale in die leerplan sal infaseer en die waarbog dat kursusse in Afrikaans en Engels aangebied word, […]
Peerboer van Paarl wen gesogte titel - May 20, 2021
Die 32-jarige Alexander Gibson van Ceres in die Witzenberg-vallei is tydens ‘n spoggerige geleentheid in die Paarl as Agri Wes-Kaap Santam Landbou se Jongboer van die Jaar aangewys. Hy sal die Wes-Kaap later vanjaar by die nasionale Agri SA Toyota SA Jongboer van die Jaar-kompetisie verteenwoordig. Gibson boer reeds die afgelope 11 jaar op Doornkraal […]
Entstowwe werk teen variante - May 20, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie in Europa sê die entstowwe wat tans in die EU in gebruik is, is doeltreffend teen die huidige Covid-variante wat in die omtrek is. Hans Kluge, die WGO se Streeksdirekteur in Europa sê al die variante reageer op die goedgekeurde entstowwe wat Pfizer, Moderna, Johnson en Johnson en AztraZeneca.
Groot sukses met behuising - May 20, 2021
Die Shackdweller’s Federation in Namibië het tot dusver baie groot sukses behaal met die bou van huise in informele nedersettings regoor die land. Na aanleiding van die Minister van Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni se aanmerkings oor die vertragings in die verskaffing van huise aan landsburgers, het Kosmos 94.1 Nuus met Anna Miller van die federasie […]
Kunene-verslag is voorberei maar NV is in reses - May 20, 2021
Die parlementêre afvaardiging het sy besoek aan die Kunene-streek voltooi en het ‘n verslag vir die Nasionale Vergadering voorberei oor die heersende droogte toestande in die streek. Dudu Murorua, ‘n LP vir die UDF-party en ook ‘n Kunene-boer sê die verslag sal nog ‘n tydjie duur omdat parlement in reses is.
Konstruksie krimp met amper 12% - May 20, 2021
Die Namibiese konstruksiesektor het in 2020 met 11,8 persent ingekrimp, as gevolg van inperkings wat deur die pandemie veroorsaak is. Die sektor het reeds voor Covid gebuk gegaan onder uitdagings as gevolg van die droogte. FirstRand Namibia sê daar sal nie ‘n noemenswaardige verbetering in die nabye toekoms wees nie as gevolg van die swak […]
Meer grensposte sal Ohangwena misdaad bekamp - May 20, 2021
Die bevelvoerder van die Namibiese polisie in die Ohangwena-streek Kommissaris Elizabeth Sibolile, het ‘n beroep op owerhede gedoen om meer grensposte op die grens met Angola oop te maak. Sibolile sê dit sal die onwettige oorsteek van die grens beperk. Sy sê 9 voertuie wat in Namibië gesteel is, is in Angola gevind terwyl 4 […]
Doen so aansoek vir vrywaring van munisipale belasting, tariewe in Whk - May 20, 2021
Stad Windhoek herinner eienaars van eiendom in die hoofstad dat die sperdatum vir aansoek vir vrywaring van munisipale belasting en tariewe op 31 Mei gestel is. Ingevolge artikel 75 van die Plaaslike Owerheidswet van 1992, mag munisipaliteite vrywaring gee onder sekere omstandighede vir besighede, of voornemende besighede. Stad Windhoek sê alle aansoeke in die verband […]