
Protesoptog vir Navalny - April 19, 2021
Bondgenote van die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, sê sy gesondheid het só agteruit gegaan in die tronk dat massa-protes die enigste manier is om sy lewe te red. Reuse-betogings gaan na verwagting Woensdag in dorpe en stede oral in die land gehou word. Navalny, wat ‘n uitgesproke kritikus van President Vladimir Putin is, dien tans […]
Walters sal met ‘Struggle Kids’ ontmoet - April 19, 2021
Die Ombudsman Advokaat John Walters sal ‘n openbare verhoor met die sogenaamde Kinders van die Vryheidstryd hou. Die ontmoeting sal op 21 April om 9-uur die oggend op die Ndilimani-plot net noord van die hoofstad plaaslvind. Volgens Walters wil hy ‘n gesprek met die groep hou oor hulle spesifieke uitdagings. ‘n Paneel sal saam met […]
Slapper sekerheidsmaatreëls veroorsaak dwelmsmokkelary - April 19, 2021
Reaksie word ontvang op die inhegtenisname van ‘n vrou by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe nadat sy betrap is met 1,5 miljoen Namibiese doller se metamfetamien wat sy na Brasilië probeer uitsmokkel het. Honde het die dwelms uitgesnuffel. Die vrou het volgens die polisie gesê sy het die tas gekry by ‘n plaaslike vrou om […]
Aanneem-brak draf vir geluk - April 19, 2021
‘n Hond wat van die Mdzananda-kliniek in Khayelitsha, Kaapstad, aangeneem is, Khaya, hardloop elke week saam met ‘n groep drawwers as ‘n gelukbringer vir diere en diereklinieke wat sukkel weens Covid-19 en die inperking. Die kliniek se Woordvoerder, Marcelle du Plessis, sê Bryony McCormick het vir Khaya aangeneem en hy het die vierpotige leier van […]
Zondo se werk moet voortgesit word - April 19, 2021
Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sê dit is hartverskeurend om te sien hoe sommige mense wat veronderstel is om leiers van die demokrasie te wees, probeer om die land en die demokratiese instellings saam met hulle te laat ondergaan. Sy sê hulle behoort hulle eerder aan die Grondwet se aanspreeklikheids-prosesse te onderwerp. Madonsela het […]
Sahpra kyk na bloedklont-kwessies - April 19, 2021
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, bekend as Sahpra, het gevra vir beter sifting en monitering van persone met ‘n hoë risiko vir bloedklont-versteurings. Dit volg nadat Suid-Afrika sy beoogde ontplooiing van die Johnson en Johnson Covid-19 entstof tydelik opgeskort het. Die Verenigde State het sy program vroeër onderbreek nadat ses mense volgens berigte bloedklonte ontwikkel […]
Rooikruis se hulp lok gemengde reaksie uit - April 19, 2021
Die droogtehulp van die Namibiese Rooikruis in die Kunene-streek lok gemengde reaksie uit. Die Rooikruis het die inisiatief in November verlede jaar van stapel gestuur en die program wat einde Februarie tot ‘n einde geloop het, het 1 204 begunstigdes bygestaan met ‘n maandelikse toelaag van 750 doller. Verskeie boorgate in die streek is ook […]
Olifante het ook gunsteling natmaakgat… - April 19, 2021
Nuwe navorsing toon dat die verspreiding van olifante, veral in die Krugerwildtuin, deur ‘n aantal faktore rakende die landskap beïnvloed word, insluitend die soort waterbronne. Die navorsing verwys na die wyse waarop sekere waterbronne vir sekere olifante aantrekliker is. Dit toon ook hoe die digtheid van bome, die geologie van die gebied en boomspesies die […]
Inbraak by Zondo-kommissie word ondersoek - April 19, 2021
Die Zondo-kommissie in Suid-Afrika sê die inbraak die afgelope naweek by sy kantore in Parktown , Johannesburg sal hom nie van stryk bring nie. Die Suid-Afrikaanse polisie is besig met ‘n ondersoek nadat daar by die kantore ingebreek en rekenaars gesteel is. Amptenare van die kommissie probeer nou vasstel of enige dokumente ook gesteel is. […]
Parys-ooreenkoms moet nagekom word, China en VSA werk saam - April 19, 2021
Amerika en China het hulle verbind tot die stryd teen klimaatsverandering. Die Amerikaanse spesiale gesant vir klimaatsverandering John Kerry het dit bekendgemaak na ‘n besoek aan die land. Volgens hom is dit belangrik dat die Parys Ooreenkoms oor klimaatsverandering nougeset nagekom moet word en dat die Glasgow konferensie later vanjaar deur soveel lande moontlik bygewoon […]