Jodie Foster word by Cannes vereer - July 6, 2021

Die aktrise Jodie Foster gaan op die Cannes-filmfees vereer word met ‘n toekenning vir lewenslange prestasie. Die 58-jarige Foster het in die laat 1960’s haar debuut as aktrise gemaak. Sy het later in haar loopbaan Oscars gewen vir haar rolle in die riller The Silence of the Lambs in 1991 en die drama The Accused […]

Read More

Dumbo-jet sal 13 olifante hervestig in Afrika - July 6, 2021

Die Aspinall-stigting sal ’n trop van 13 olifante wat tans die dieretuin in Kent, Engeland, hulle tuiste noem, hervestig in Kenia. Volgens Carrie Johnson, vrou van die Britse premier Boris Johnson en hoof van kommunikasie vir Aspinall, sal ‘n Boeing 747 wat toegerus is met spesiaal-vervaardigde kratte, vir die vervoer van die diere gebruik word. […]

Read More

Baba-Bokke opgewonde vir Nuweland - July 6, 2021

Die afrigter van die Junior Springbokke, Bafana Nhleko, sê die geleentheid om die naweek op Nuweland in Kaapstad te speel, is ‘n welkome hupstoot. Die Baba-Bokke pak Argentinië Saterdag in die eindstryd van die Internasionale Onder 20-reeks. Die wedstryd is na Nuweland verskuif weens die toestand van die veld van die Markötter-stadion in Stellenbosch. Nhleko […]

Read More

Dodetal in Miami styg tot 27 - July 6, 2021

Nog drie liggame is in die puin van die woonstelblok in Surfside naby Miami in Florida gevind wat gedeeltelik ineengestort het. Dit bring die bevestigde dodetal op 27 te staan. Minstens 118 mense word nog vermis. Die res van die Champlain Towers South-gebou is Sondagaand laat ingeplof om reddingspanne in staat te stel om na […]

Read More

Spele: dalk geen publiek by openingseremonie nie - July 6, 2021

Die Japanese regering oorweeg dit sterk om nie enige toeskouers by die openingseremonie van die Tokio Olimpiese Spele toe te laat nie as gevolg van vrese oor Covid-19. ‘n Beperkte aantal BBP’s en Olimpiese beamptes sal egter wel by die seremonie op die 23ste van die maand toegelaat word. ‘n Besluit word Donderdag geneem. Organiseerders […]

Read More

Covid en die haweloses - July 6, 2021

Terwyl die Covid-pandemie op die oomblik op sy ergste is, is die impak op haweloses groot met hulle wat nie noodwendig die middele het om vir die virus te toets of ingeënt te word nie. Tog sê die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, die ministerie se gesondheidfasiliteite is beskikbaar vir almal. Shangula verduidelik aan Kosmos […]

Read More

Zuma moet tronk toe meen kenner - July 6, 2021

Die versuim om die uitspraak van die Konstitusionele Hof teen oudpresident Jacob Zuma uit te voer, sal die regsbeginsel in Suid-Afrika laat wankel. Dit is die mening van ‘n politieke ontleder en dosent in Politieke Wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat, Theo Neethling. Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg sal vandag Zuma se aansoek vir die […]

Read More

Kora: openbare entiteit is misbruik - July 6, 2021

Die Namibiese Toerismeraad die Kora-aangeleentheid is die ergste voorbeeld tot dusver van die misbruik van ‘n openbare entiteit deur ‘n privaat maatskappy. Die raad soek die 23,5 miljoen Namibiese dollar wat hy as deposito vir bemarking van die land vir die Kora-musiektoekennings betaal het, terug, met 20 persent rente. Die toekennings sou in Maart 2016 […]

Read More

Ever Given kan Egipte verlaat, boete is betaal - July 6, 2021

Die skip wat die Suez-kanaal in Maart versper het, gaan môre toegelaat word om te vertrek nadat sy eienaars ‘n vergoedings-ooreenkoms met Egiptiese owerhede bereik het. Dit het ses dae geneem om die vaartuig, Ever Given, vlot te maak nadat dit gestrand en in die belangrike roete tussen die Middellandse en die Rooisee vasgehaak het. […]

Read More

Interpol se ‘rooi kennisgewing’ verwelkom - July 6, 2021

ActionSA sê hy verwelkom die rooi kennisgewings wat teen die Gupta-familie en hul sakevennote uitgereik is. Interpol het die kennisgewings uitgereik teen Atul Gupta en sy vrou Chetali; Rajesh Gupta en sy vrou Arti; die persoon wat rekeninge by die gewese Nulane-beleggingsbank van Baroda onderteken het, Ankit Jain; die direkteur van Wone Management, Ravindra Nath; […]

Read More