Sexwale moet aantygings van diefstal bewys - April 20, 2021

Die buurland se Nasionale Tesourie en die Reserwebank sê die ANC-veteraan Tokyo Sexwale moet bewyse lewer vir die bewerings dat miljarde Suid-Afrikaanse rand uit die sogenaamde Erfenisfonds gesteel is. Sexwale het in ‘n onderhoud gesê hy en ander het ‘n mate van weerstand ervaar toe hulle wou toesien dat die geld in die ekonomie aangewend […]

Read More

Gestremdes kry spesiale aandag by WGO - April 19, 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dat beleid binnekort bekend sal wees in verband met die pandemie en mense met gestremdhede. Eenvoudige aanpassings soos deurskynende maskers maak dit makliker vir persone wat doof is om te kommunikeer. Die Hoof van die WGO se Tegniese Covid-19 Span, Maria van Kerkhove…

Read More

Werkloses met landbougrade kry geleentheid - April 19, 2021

Meer as 70 werklose jongmense met landbougrade het ‘n splinternuwe toekoms voor hulle nadat die Noord-Kaapse Departement van Landbou hulle in ‘n ontwikkelingsprogram geplaas het. ‘n Woordvoerder sê hulle sal by 16 plase regoor die provinsie geplaas word waar hulle onder mentorskap van ervare boere sal leer om hulle eie loopbane te bevorder. Hulle sal […]

Read More

Shangula waarsku weer - April 19, 2021

Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula sê daar word verwag dat gevalle van Covid binnekort sal toeneem. Dit was die geval na die November verkiesings verlede jaar en toe weer na die Desember vakansie. Hy het sy kommer uitgespreek oor die nakoming van maatreëls wat hy sê in baie gevalle verontagsaam word. Op […]

Read More

Ombudsman wil verslag voorberei oor ‘Struggle Kids’ - April 19, 2021

Die Ombudsman Advokaat John Walters sal ‘n openbare verhoor met die sogenaamde Kinders van die Vryheidstryd hou. Die ontmoeting, die eerste van verskeie vergaderings sal op 21 April om 9-uur die oggend op die Ndilimani-plot net noord van die hoofstad plaasvind. Die Skakelbeampte in die kantoor van die Ombudsman Aurelia David het meer.

Read More

Boris gaan nie Indië toe nie - April 19, 2021

Die Britse Premier Boris Johnson het volgende week se beplande besoek aan Indië afgestel weens ‘n skerp toename in Covid-19 gevalle in dié land. Dit volg nadat meer as 270 000 nuwe gevalle gister aangeteken is wat veroorsaak het dat die hoofstad Nieu-Delhi vir ‘n week ingeperk word. Dit het gelei tot vrese dat ‘n […]

Read More

WGO sê nee vir inentingsbewys vir reis - April 19, 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Noodkomitee het vandag aanbeveel dat bewys van inenting nie ‘n vereiste is vir internasionale reis nie. Die organisasie het in die verlede sy teenkanting hieroor uitgespreek omdat entstowwe nie billik versprei word nie. Die organisasie sê so vereiste sal dus ‘n beperking wees op die vryheid van beweging. Wetenskaplikes voeg by dat […]

Read More

Kaapse brand onder beheer - April 19, 2021

Baie Kapenaars is verlig na nuus dat die veld-brand, rondom die hange van Tafelberg, nou onder bedwang gebring is. Die brande woed al van gisteroggend buite beheer, met ‘n hewige, sterk Suidooster wat brand-bestrydings pogings bemoeilik het. Fritz Platt het die jongste vanuit Kaapstad vir Kosmos 94.1 Nuus. 

Read More

42 000 werksgeleenthede? Onmoontlik meen kenner - April 19, 2021

Reaksie word ontvang op die belofte van President Hage Geingob om 42 000 nuwe werksgeleenthede voor die einde van sy tweede termyn te skep. Dit kos ‘n belegging van ongeveer 1 miljoen Namibiese doller om ‘n volhoubare werk te skep in die land en, volgens die plaaslike Politieke Ontleder Ndumba Kamwanyah, is dit nie die […]

Read More

Covid-gevalle sal toeneem – Shangula - April 19, 2021

Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het vandag 118 nuwe gevalle van Covid in die land bevestig. Die besonderhede is as volg… Shangula sê daar word verwag dat gevalle sal toeneem.

Read More