Lewis Hamilton behaal groot pretasies - May 9, 2021

Die Britse renjaer Lewis Hamilton sal vandag in Barcelona in sy 100 ste eerste posisie in ‘n formule Een-wedren wegspring. Die sewe malige wêreldkampioen is die eerste F1-bestuurder wat die prestasie behaal het.

Read More

Isis-insypelaars steeds aktief in Mosambiek - May 9, 2021

Meer as 25 duisend mense in die noorde van Mosambiek gaan vir ‘n onbepaalde tyd sonder krag wees. EDM die land se kragvoorsiener het bekendgemaak dat Isis-insypelaars die infrastruktuur in die Cabo Delgado-provinsie tydens aanvalle gevandaliseer het. Die Europese Unie oorweeg dit intussen om gespesialiseerde militêre opleiding aan Mosambiekse soldate te gee om hulle toe […]

Read More

Gesondheidsorgkundiges in Namibië oor verskillende variante van Covid-19 - May 9, 2021

Openbare gesondheidsorgkundiges in Namibië het gereageer op die verskillende variante van die virus. Die voormalige minister van Gesondheid, dr Bernard Haufiku sê hy is bekommerd oor enige variant en het verwys na die verskillende variante wat in Suid-Afrika, Brittanje, Kanada, Oostenryk en Indië voorkom. Haufiku sê die aandag is meer op Indië, want dié variant […]

Read More

Kommer oor Indiese variant van Covid-19 - May 9, 2021

Vier gevalle van die Indiese variant van die koronavirus is in Suid-Afrika aangemeld.Dit kom te midde van nuwe oplewings van COVID-19 infeksies in ‘n aantal lande in Suid- en Suidoos-Asië en elders.Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bekendgemaak dat Indië byna die helfte van alle wêreldwye infeksies en ‘n kwart van die sterftes uitmaak wat die afgelope week […]

Read More

Reaksie op Moody’s se besluit - May 9, 2021

Die besluit van Moody’s Investors Service om nie nou ‘n graderingsbesluit oor Suid-Afrika te neem nie is volgens kundiges positiewe nuus vir Suid-Afrika en die streek wat Namibië insluit. Dit beteken hy handhaaf die gradering van Ba2 op staatseffekte in sowel die rand as buitelandse geldeenhede.Professor Jannie Rossouw, ekonoom aan Wits se Sake-skool in Johannesburg.

Read More

Die Sharks en Bulls wen weer - May 9, 2021

En rugby..Die vier sterkste Suid-Afrikaanse franchises het gister kragte gemeet in die plaaslike weergawe van die Reënboogbeker-reeks .Die Sharks het die Lions op Kingspark in Durban met 34-26 geklop. Die Sharks het rustyd met 24-12 voorgeloop. In Kaapstad het die Bulls die Stormers met 20-16 geklop, en rustyd met 14-10 voorgeloop.

Read More

Spanning in die ANC oor Magashule - May 9, 2021

President Cyril Ramaphosa het tydens die nasionale uitvoerende komitee van die ANC se vergadering gesê Jessie Duarte, adjunk sekretaris-generaal van die party, het ‘n opdrag uitgevoer toe sy ‘n skorsingsbrief aan Ace Magashule gestuur het en dit was nie kwaadwillig nie. Die NUK vergadering word vandag voortgesit te midde van spanning oor die skorsing van […]

Read More

Nog 341 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - May 9, 2021

Daar is 36 leerders,13 studente, 7onderwysers,20 gesondheidswerkers, 3 gevangenes,15 werkers in die visbedryf en 3 in die mynbedryf onder die 341 nuwe Covid-19 gevalle in die land. Windhoek het 100 nuwe gevalle,Luderitz 31, Eenhana 23 ,Walvisbaai en Oshakati onderskeidelik 20 elk en Rehoboth 17.Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 […]

Read More

Moody’s gaan nie nou ‘n graderingsbesluit oor Suid-Afrika neem nie. - May 8, 2021

Moody’s Investors Service gaan nie nou ‘n graderingsbesluit oor Suid-Afrika neem nie. Dit beteken hy handhaaf die gradering van Ba2 op staatseffekte in sowel rand as buitelandse geldeenhede.

Read More

Twitter se nuwe Tip-Jar funksie - May 8, 2021

Twitter het ‘n nuwe funksie, ‘n sogenaamde Tip-Jar, van stapel gestuur waardeur gebruikers geld na ander op die sosiale netwerk kan stuur. Die maatskappy het aan die media gesê dit is ‘n maklike manier om gebruikers wat deelneem, te ondersteun. Aanvanklik sal slegs ‘n geselekteerde groep mense die fooitjies kan ontvang. Twitter sê dié groep […]

Read More