
Die vanoggend die Chiefs teen die Crusaders in die Super Aotearoa-kompetisie - May 8, 2021
Rugby: Min mense sou kon voorspel dat die eindstryd van die Super Aotearoa-kompetisie tussen die Chiefs en die Crusaders sou wees. Die twee spanne meet vanoggend in Christchurch, Nieu-Seeland kragte.Die Chiefs het vroeër vanjaar verskeie nederlae gely voor hulle segetog van vyf wedstryde wat ‘n oorwinning van slegs een punt oor die Crusaders ingesluit het. […]
Variant-bestande Covid-19-enstof ondergaan kliniese toetse - May 8, 2021
‘n Sogenaamde variant-bestande Covid-19-entstof ondergaan tans kliniese toetse. Die Franse maatskappy Valneva se entstof is glo in staat om ‘n meer algemene weerstands-reaksie teen die koronavirus uit te lok, eerder as om op die spriet-proteïne staat te maak. Daar word gehoop dat entstowwe wat dié tegnologie gebruik, beskerming kan bied wat langer duur, eerder as […]
Rehoboth se Baster-gemeenskap herdenk vandag die Slag van Sam !Khubis - May 8, 2021
Rehoboth se Baster-gemeenskap herdenk vandag die Slag van Sam !Khubis. Die geskiedkundige Slag het op 8 Mei 1915 plaasgevind toe die Duitse koloniale magte die Basters aangeval en die Basters na hul laaste vesting, Sam !Khubis, gevlug het. Die tema vanjaar is “Die rol van die Rehoboth Baster kultuur”. Die mense van Rehoboth het die […]
Dalk nog reën die naweek oor dele van die land - May 8, 2021
Groot dele van Namibië het ‘n goeie reënseisoen gehad en vandeesweek is sommige plekke ook met Mei-reën verras. Weervoorspeller Odilo Kgobetsi sê nóg reën kan die naweek oor die Noorde, Ooste en sentrale dele verwag word. Hy het met Kosmos 94.1-Nuus gepraat.
EU gaan Mosambiek bystaan teen Islamitiese-aanvalle - May 8, 2021
Internasionale nuusgentskappe berig dat duisende mense steeds ontwortel is in die noorde van Mosambiek na aanvalle in die gebied deur Islamitiese terroriste.Die VN se vlugteling agentskap sê daar is groot uitdagings met bystand en het sy kommer uitgespreek oor die humanitêre nagevolge as gevolg van die terreur aktiwiteite en geweld wat toeneem. Die Europese Unie […]
Prins Misuzulu Zulu as nuwe Zulu-koning aanbeveel - May 8, 2021
Prins Misuzulu Zulu is as die nuwe AmaZulu-koning aanbeveel. Dit blyk uit die testament van die koningin Mantfombi Dlamini-Zulu wat by KwaNongoma in KwaZulu-Natal voorgelees is. Sy het verlede week in ‘n Johannesburgse hospitaal beswyk en is vroeg gisteroggend by die koninklike paleis te ruste gelê. Prins Misuzulu Zulu het saam met singende Zoeloe-regimente na […]
WGO keer Sinopharm-entstof vir noodgebruik goed - May 8, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die Sinopharm-entstof teen Covid-19 wat saam met Covishield/AstraZeneca in Namibië gebruik word, vir noodgebruik goedgekeur. Die enstof word, word deur die Beijing Bio-Institute of Biological Products, ‘n filiaal van die China National Biotec Group vervaardig. Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het intussen bekendgemaak dat daar 92 nuwe Covid-19 gevalle in die land […]
Ace hou voet by stuk - May 8, 2021
Die nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC vergader die naweeek. Een van die belangike agendapunte is die toekoms van die geskorste Sekretaris Generaal van die party Ace Magashule.Hy hou vol hy is steeds die ANC se Sekretaris-Generaal, omdat hy appèl teen sy skorsing aangeteken het.Pule Mabe woordvoerder van die party .
Hondsdolheid bron van kommer in die land - May 8, 2021
Hondsdolheid is ‘n groot bron van kommer vir boere in Namibië. Dit kom hoofsaaklik by diere voor, maar mense kan ook hondsdolheid kry as hulle deur ‘n besmette dier gebyt word. Hondsdolheid is dodelik, maar die Hondsdolheid-kenner, Dr Rainer Hassel, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is voorkomingsmaatreëls. Hy sê inenting is die enigste […]
Lekker rugby vandag - May 8, 2021
Rugby: Die vier sterkste Suid-Afrikaanse franchises sit die naweek hulle wedstryde in die plaaslike weergawe van die Reënboogbeker-reeks voort. Die Sharks verwelkom die Lions vanmiddag vier-uur op Kingspark in Durban en die Stormers en die Bulls pak mekaar kwart oor ses die vanaand in Kaapstad. Die Bulls het in verlede naweek se eerste ronde die […]