
Grondlose Mense Beweging se leiers weer in die nuus - May 8, 2021
Die Grondlose Mense Beweging se leiers, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb wat uit die parlement geskors is, het die kwessie volgens ‘n Afrika Politieke Analis, Dr Charles Sinkala op ‘n professionele manier hanteer. Hy sê hulle het die hofuitspraak gerespekteer alhoewel dit nie in hul guns was nie en is volgens hom ‘n aanduiding van […]
Boere gebruik hommeltuie in die Wes-Kaap - May 8, 2021
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou se besluit om vernuwing en tegnologie te aanvaar, het vrugte afgewerp met 17 hommeltuig-vlieëniers wat hierdie week hul vlerke gekry het. Premier Alan Winde het die seremonie by die Elsenburg-landbou-instituut naby Stellenbosch bygewoon en sê die vlieëniers dra by tot die toename in tegnologiese kundigheid wat beter landbouproduksie in die […]
Dis Wêreld-donkiedag vandag - May 8, 2021
Ter herdenking van Wêreld-donkiedag vandag het die Suid-Afrikaanse raad van professionele perde- en ruiter-personeel hulde gebring aan die DBV in die KwaZulu-Natalse Middelland. Die vereniging het onlangs meer as 100 donkies gered wat smokkelaars na Lesotho wou neem. Die diere word in die buurland geslag vir hulle velle wat dan gekook word vir die gomagtige […]
IMF oor ongelyke salarisse - May 8, 2021
Die Internasionale Monetêre Fonds sê ongelyke salarisse lei tot voortdurende ongelykhede wat betref toegang tot onderwys, gesondheidsorg en finansies. Die IMF het verwag dat wêreldwye inkomste met drie persent sou groei, maar nou word voorspel dat dit met drie persent kan daal, wat aansienlik erger is as tydens die Groot Resessie van 2008-2009. Era Dabla-Norris […]
Die vanoggend die Chiefs teen die Crusaders in die Super Aotearoa-kompetisie - May 8, 2021
Rugby: Min mense sou kon voorspel dat die eindstryd van die Super Aotearoa-kompetisie tussen die Chiefs en die Crusaders sou wees. Die twee spanne meet vanoggend in Christchurch, Nieu-Seeland kragte.Die Chiefs het vroeër vanjaar verskeie nederlae gely voor hulle segetog van vyf wedstryde wat ‘n oorwinning van slegs een punt oor die Crusaders ingesluit het. […]
Variant-bestande Covid-19-enstof ondergaan kliniese toetse - May 8, 2021
‘n Sogenaamde variant-bestande Covid-19-entstof ondergaan tans kliniese toetse. Die Franse maatskappy Valneva se entstof is glo in staat om ‘n meer algemene weerstands-reaksie teen die koronavirus uit te lok, eerder as om op die spriet-proteïne staat te maak. Daar word gehoop dat entstowwe wat dié tegnologie gebruik, beskerming kan bied wat langer duur, eerder as […]
Rehoboth se Baster-gemeenskap herdenk vandag die Slag van Sam !Khubis - May 8, 2021
Rehoboth se Baster-gemeenskap herdenk vandag die Slag van Sam !Khubis. Die geskiedkundige Slag het op 8 Mei 1915 plaasgevind toe die Duitse koloniale magte die Basters aangeval en die Basters na hul laaste vesting, Sam !Khubis, gevlug het. Die tema vanjaar is “Die rol van die Rehoboth Baster kultuur”. Die mense van Rehoboth het die […]
Dalk nog reën die naweek oor dele van die land - May 8, 2021
Groot dele van Namibië het ‘n goeie reënseisoen gehad en vandeesweek is sommige plekke ook met Mei-reën verras. Weervoorspeller Odilo Kgobetsi sê nóg reën kan die naweek oor die Noorde, Ooste en sentrale dele verwag word. Hy het met Kosmos 94.1-Nuus gepraat.
EU gaan Mosambiek bystaan teen Islamitiese-aanvalle - May 8, 2021
Internasionale nuusgentskappe berig dat duisende mense steeds ontwortel is in die noorde van Mosambiek na aanvalle in die gebied deur Islamitiese terroriste.Die VN se vlugteling agentskap sê daar is groot uitdagings met bystand en het sy kommer uitgespreek oor die humanitêre nagevolge as gevolg van die terreur aktiwiteite en geweld wat toeneem. Die Europese Unie […]
Prins Misuzulu Zulu as nuwe Zulu-koning aanbeveel - May 8, 2021
Prins Misuzulu Zulu is as die nuwe AmaZulu-koning aanbeveel. Dit blyk uit die testament van die koningin Mantfombi Dlamini-Zulu wat by KwaNongoma in KwaZulu-Natal voorgelees is. Sy het verlede week in ‘n Johannesburgse hospitaal beswyk en is vroeg gisteroggend by die koninklike paleis te ruste gelê. Prins Misuzulu Zulu het saam met singende Zoeloe-regimente na […]