
Ernstige kommer oor Covid-variante in SA - May 10, 2021
Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê nuwe korona-virus variante wat die land binnekom, is ‘n bron van ernstige kommer. Dit volg op bevestiging dat 4 gevalle van die B.1.617.2-variant, bekend as die Indiese variant, in Suid-Afrika waargeneem is. Twee hiervan is in Gauteng en 2 in KwaZulu-Natal. Daarbenewens is 11 mense met die […]
Nampa loop teen verlies - May 10, 2021
Die Namibiese Nuusagentskap Nampa, het ‘n verlies van net minder as 7,7 miljoen Namibiese doller in die 2018-2019 finansiële jaar aangeteken. Volgens die Ouditeur-Generaal Junias Kandjeke het sy twyfel uitgespreek oor of Nampa wel as ‘n besigheid bedryf kan word omdat hy nie genoeg inkomste het nie en staatmaak op befondsing van die regering. Nampa […]
Sioka kap terug - May 10, 2021
Die Namibiese Minister van Geslagsgelykheid Doreen Sioka het in ‘n verklaring gesê haar ministerie het wel plekke van veiligheid geskep vir kinders. Die verklaring kom nadat die Ombudsman John Walters ‘n klag van minagting van die hof teen haar gelê het. Volgens Sioka is die fasiliteite daar vir kinders in Korrektiewe Dienste maar sal nie […]
Copps 94.1 doen sy deel - May 10, 2021
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teen misdaad realiteitsprogram was Vrydagaand weer regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, Auas Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, E-Med Rescue 24 en die Windhoekse Stadspolisie. Oor Vrydgaaand se program sluit ons aan by Sersant Fabian Amukwelele van die Stadspolisie. Volgens hom dra die program beslis by om […]
SA Rugby wil toekskouers by Leeus-toer hê - May 10, 2021
SA Rugby het volgens berigte die Suid-Afrikaanse Departement van Sport versoek om die moontlikheid te oorweeg dat daar toeskouers toegelaat word tydens die toer van die Ierse en Britse Leeus aan die buurland later vanjaar. Brendan Nel van SuperSport het sy mening in die verband so opgesom.
Beesmark krimp met 40 persent - May 10, 2021
AgriBank het sy kommer oor die plaaslike beesmark uitgespreek. Volgens die jongste berigte het die mark met meer as 40 persent in die eerste kwartaal van die jaar gekrimp. Op ‘n jaargrondslag het slagsyfers met 22 persent gedaal en op-die-hoef-uitvoere het met 48 persent in die eerste kwartaal ingekrimp. Kleinvee het beter vertoon en in […]
Weduwee dagvaar 5 van Otji vir man se dood - May 10, 2021
Die 5 mans wat daarvan aangekla word dat hulle die Zimbabwiese burger Hlaisanani Zhou verlede jaar in Otjiwarongo vermoor het, word deur sy weduwee Betserai Moyo vir 1,7 miljoen Namibiese doller in skadevergoeding gedagvaar. Jandre Jansen van Vuuren, 23, Jonathan Myburgh, 22, Roberto Katjinunene, 24, Kefas Kuutondokua, 26 en Hendrick Simupureni, 20 se kriminele saak […]
The Voice of Namibia: so lyk die finaliste - May 10, 2021
Die 2021 weergawe van The Voice of Namibia het die naweek 12 finaliste aangewys uit ‘n groep deelnemers. Die kompetisie is reeds sedert 2018 ‘n geleentheid vir jonk en oud se sang talente. Die stigter en eienaar van The Voice of Namibia Alinda lu Mar het die name van die 12 finaliste met Kosmos 94.1 […]
3rde vlaag … Is Namibië gereed? - May 10, 2021
Die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes in Suid-Afrika sê daar is tekens van ‘n derde korona-virus vlaag in dele van die buurland. Gauteng het nou meer as 4 000 aktiewe Covid-19-gevalle en die getalle in sommige gebiede verdubbel weekliks. Plaaslik wil dit voorkom asof getalle ook stelselmatig styg. Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie […]
So lyk Covid-gevalle tans - May 10, 2021
Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 177 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek 63, Mariental 18, Gobabis en Okakarara onderskeidelik 12 elk, en Otjiwarongo 10. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 070 aktiewe gevalle, 47 300 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal […]