Suurstoftekorte aangemeld - May 10, 2021

Daar word berig dat verskeie mediese fasiliteite tekorte aan suurstof het en in die Robert Mugabe-kliniek in die hoofstad kan daar net 5 pasiënte op ‘n slag met suurstof behandel word. Die Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het aan plaaslike media gesê dat daar wel ‘n groter aanvraag is vir hospitalisering maar, dat daar […]

Read More

3rde vlaag kom in Gauteng aan - May 10, 2021

Die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes sê daar is tekens van ‘n derde korona-virus vlaag in Gauteng. Die provinsie het nou meer as 4 000 aktiewe Covid-19 gevalle. Professor Adrian Puren van die Instituut sê die getalle in sommige gebiede verdubbel weekliks.

Read More

Dit gaan effe beter met kerke - May 10, 2021

Kerke is nie ekonomiese uitdagings van die Covid-pandemie gespaar nie en talle moes aanpas en aanlyn dienste aanbied. Skenkings het ook afgeneem namate salarisbesnoeiings en inperkings toegeneem het. Die Sekretaris-Generaal van die Namibiese Raad van Kerke Ludwig Beukes sê daar is wel ‘n mate van herstel…

Read More

Variante verander nie Covid nie - May 10, 2021

‘n Kenner in navorsing oor Covid-19 aan die Universiteit van Wes-Kaapland, Bertram Fielding, sê dit is nie ‘n verrassing dat nuwe variante van die korona-virus in Suid-Afrika voorkom nie. Hy sê hoewel mutasies in die virus plaasvind om nuwe variante te vorm, vind daar nie ‘n wesenlike verandering aan die virus plaas nie. Die Nasionale […]

Read More

Indië: inenting is al wat sal help - May 10, 2021

Amerika se voorste kenner op die gebied van aansteeklike siektes, dr Anthony Fauci, sê inenting is die enigste langtermyn oplossing vir die huidige Covid-19-krisis in Indië. Die land ondervind ‘n ongekende tweede vlaag, met 22,3 miljoen siektes en 246 000 sterftes. Fauci sê Indië ondervind ‘n onmiddellike probleem met hospitaalbeddens, suurstof, persoonlike beskermings-toerusting en ander […]

Read More

SAPS in Gauteng soek onwettige wapens - May 10, 2021

Die polisie in Gauteng is steeds besig met ‘n veldtog teen onwettige vuurwapens. Hulle het tydens ‘n operasie van sewe dae op meer as 40 vuurwapens in verskeie dele van die provinsie beslag gelê. Meer as 480-rondtes ammunisie is ook gekonfiskeer. ‘n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê drie sekerheidswagte is in Germiston, Ekurhuleni, aangekeer ná hulle […]

Read More

Energie-sekerheid belangrik vir SA - May 10, 2021

Die Bestuurshoof van Business Leadership South Africa, Busi Mavuso, sê maatskappye kan sowat 150 miljard Namibiese doller in nuwe energie-aanlegte belê, veral hernubare energie wat tans die goedkoopste energiebron is. Mavuso sê dit sal tienduisende werksgeleentheide skep en breër beleggings ondersteun namate maatskappye weer vertroue in energie-sekerheid herwin. Sy sê die land is by magte […]

Read More

Uitspraak in N$4m skadevergoeding saak vandag - May 10, 2021

Uitspraak word vandag verwag in die saak waar Mwiza Nyambe en Ishmael Mafale die Namibiese Minister van Gesondheid vir 4 miljoen doller in skadevergoeding dagvaar. Die paartjie sê Nyambe het op 25 Desember 2017 by die Sentraal Hospitaal in Windhoek aangekom. Sy was 9 maande swanger en het gesukkel om asem te haal. Sy is […]

Read More

Mense bo 60 moet ent, asb! - May 10, 2021

Die DA in Gauteng het ‘n beroep gedoen op mense ouer as 60 jaar om hulle vir Covid-19-inentings te laat registreer. Die party het sy kommer uitgespreek oor die lae registrasiekoers, met slegs 20 persent van die bykans 1,3 miljoen mense ouer as 60 in Gauteng wat tot dusver geregistreer het. Jack Bloom van die […]

Read More

Bou ‘n beter Europa - May 10, 2021

Frankryk se president, Emmanuel Macron, het ‘n beroep op inwoners van Europa gedoen om inspirasie uit Amerika te put en nuwe maniere te vind om Europa se toekoms te vorm én dit vinnig te doen. Macron het op die opening van die konferensie oor die Toekoms van Europa in die Franse stad Straatsburg gesê Europa […]

Read More