Junie is Jeugmaand - June 1, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister in die Presidensie vir vroue, die jeug en persone met gestremdhede, Maite Nkoana-Mashabane, sê Suid-Afrika is in die jongmense se hande. Sy het vandag gepraat by die bekendstelling van Jeugmaand, en jongmense aangespoor om beheer te neem en dinge vir hulself te doen. Nkoane-Mashabane het verder ‘n beroep op die samelewing gedoen […]

Read More

Namibië se werkloosheidsyfer dalk bo 40% - June 1, 2021

Reaksie is ontvang oor die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika en dit voorspel niks goed vir Namibië nie. Werkloosheid in die buurland het in die eerste kwartaal vanjaar met 0,1 van ‘n persentasiepunt tot 32,6 persent toegeneem, vergeleke met die vierde kwartaal in 2020. Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het vandag die kwartaallikse Arbeidsmagopname bekend gemaak en sê ongeveer […]

Read More

Vloede op Suidsee-eiland van Nieu-Seeland - June 1, 2021

Nog 300 huise in Canterbury in Nieu-Seeland moes oornag ontruim word ná swaar reënval wat tot talle vloede op die Suid-eiland gelei het. Sommige plekke het tot 40 sentimeter reën aangeteken. Die weermag het helikopters ingespan om mense te red, berig internasionale media.

Read More

NamPost betaal eers Donderdag pensioene uit - June 1, 2021

NamPost het pas bekendgemaak dat bejaarde Namibiërs se pensioenuitbetalings op Donderdag 3 Junie sal plaasvind.

Read More

Slegs 42% van Covid-sterftes in Gauteng aangemeld - June 1, 2021

Die DA in Gauteng sê dié provinsie se Gesondheidsdepartement het amptelik 10 770 Covid-19-sterftes aangeteken. Die departement het egter erken dat dit net sowat 42 persent van die oortollige sterftesyfer volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se beraming is. Jack Bloom van die DA sê die departement skat dat 13 756 Covid-19-sterftes in die provinsie nog […]

Read More

Ontwrigting van dienste in Tshwane - June 1, 2021

In die buurland het Stad Tshwane inwoners in kennis gestel oor moontlike ontwrigtings van dienste vandag weens die voortslepende versetoptrede deur die Suid-Afrikaanse munisipale werkersvakbond. Sekere personeellede kon weens die versetoptrede nie hul pligte uitvoer nie. Stadwoordvoerder, Lindelani Mashego, sê hulle ondersoek verskeie maniere om die situasie te stabiliseer en om personeel te beskerm

Read More

Pan-Afrika Parlement ontspoor weer - June 1, 2021

Verrigtinge in die Pan-Afrika Parlement het weer ontspoor. ‘n LP van Zimbabwe en lid van die ad hoc verkiesingskomitee Barbara Rwodzi, vra vir ‘n roterende leierskapstelsel.

Read More

Eerste menslike geval van voëlgriep in China - June 1, 2021

‘n Man in China se oostelike Jiangsu-provinsie is die eerste menslike geval wat met die H10N3-voëlgriep-stam besmet is. Dit is vandag deur China se nasionale gesondheidskommissie aangekondig. Internasionale media berig dat die 41-jarige inwoner van die stad Zhenjiang laat in April in die hospitaal opgeneem is nadat hy koors en ander simptome ontwikkel het. Hy […]

Read More

Rooies Mostert môre weer in hof - June 1, 2021

Walter ‘Rooies’ Mostert verskyn weer môre in die Windhoek-landdroshof. Dié voormalige landdros van Gobabis staar klagte van korrupsie, bedrog, diefstal, afpersing, regsverydeling en die oortreding van immigrasiewetgewing in die gesig. Hy is tydens sy eerste hofverskyning borgtog geweier en in aanhouding in die Windhoek Sentrale Korrektiewe Dienste.

Read More

Landbou-ekonoom reageer op Meatco se neutraliteit - June 1, 2021

Reaksie is ontvang oor Meatco wat homself distansieer van die kwessies oor die veterinêre kordonheining. Meatco se korporatiewe kommunikasiebeampte Undamuje Hambira het gesê hulle gaan nie betrokke raak in besprekings oor die saak nie. Dit volg ná die Windhoekse burgemeester dr. Job Amupanda in die hof eis dat die sogenaamde Rooilyn verwyder word. Landbou-kenners het […]

Read More