
Drankverbod in SA kos miljarde - July 26, 2021
Die Biervereniging van Suid-Afrika het die opheffing van die verbod op alkohol onder vlak drie-inperking verwelkom en sê dit is ‘n reddingsboei vir baie sakeondernemings. President Cyril Ramaphosa het drankverkope oopgemaak in die buurland vanaf Maandag tot Donderdag. Die vereniging sê sy jongste skatting wys die vier alkohol-verbiedings wat sakeondernemings gedwing het om vir 161 […]
Cyril moet sê oor soldate in Mosambiek - July 26, 2021
Die DA het ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om volle besonderhede oor die oënskynlike ontplooiing verlede week van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in Mosambiek aan die parlement te verskaf. Kobus Marais van die party sê hulle het uit ‘n betroubare bron verneem dat 1 495 soldate verlede week in Mosambiek se Cabo Delgado-streek […]
Burundese-vlugtelinge – kommissaris sê - July 26, 2021
Die Namibiese kabinet het die ministerie van immigrasie gelas om met die Burundiese regering en die Verenigde Nasies se hoë vlugtelingskommissie ooreen te kom, wat die vrywillige repatriëring van Burundese vlugtelinge in Namibië sal bespoedig. Dit is volgens kabinetsbesluite waarin die amptenare van die Namibiese en Burundiese regerings, sowel as dié van VN se hoë […]
Peaty verdedig sy goud suksesvol - July 26, 2021
Adam Peaty het geskiedenis gemaak as die eerste Britse swemmer ooit wat ‘n Olimpiese titel suksesvol kon verdedig. Dit volg na sy oorwinning in die 100-meter borsslag in ‘n tyd van 57,37-sekondes vandag by die Tokio Spele. Arno Kamminga van Nederland het die silwermedalje verower en Nicolo Martingenhi van Italië die bronsmedalje. Peaty sê hy […]
Namibiërs moet eienaarskap van olie-bronne - July 26, 2021
Die hoof uitvoerende beampte van ReconAfrica Scot Evans het aan plaaslike media gesê Namibiërs kan groot voordeel uit sy maatskappy se olie-eksplorasie trek mits hulle eienaarskap van die projek vat. Evans het bygevoeg dat daar verskeie fases in die eksplorasie is en dat die wetgewing in Namibië toelaat dat betrokkenheid in al die fases kan […]
Cyril moes kabinet geskommel het – DA - July 26, 2021
Die leier van die DA in die buurland, John Steenhuisen sê hulle verwelkom die maatskaplike noodverligtingstoelae wat President Cyril Ramaphosa aangekondig het, maar indien vinnige en beslissende strukturele hervorming nie plaasvind nie, sal dié verligtingsmaatreëls oor die langtermyn nie volhoubaar wees nie. Hy sê die president moes die land gerusgestel het deur aan te kondig […]
Onluste: nog arrestasies op pad - July 26, 2021
President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika sê die regering het alle beskikbare bronne gebruik om weer stabiliteit in KwaZulu-Natal en Gauteng te bewerkstellig. Meer as 300 mense is dood en duisende sakeondernemings is geplunder of afgebrand gedurende die onrus wat omtrent twee weke gelede uitgebreek het. Na raming kan die onluste die land ongeveer 50 miljard […]
Kinders is veiliger in skole - July 26, 2021
Die Namibiese onderwysminister Anna Nghipondoka het weer die ministerie se standpunt dat kinders beter teen Covid beskerm word by die skool beklemtoon. Nghipondoka het met die nasionale uitsaaier op Engela gepraat tydens ‘n Covid-inentingsveldtog. Sy sê die afgelope weke se syfers bewys dat skole veiliger vir kinders is.
Ryp verwoes koffie-oes… pryse styg - July 26, 2021
Liefhebbers van koffie sal binnekort baie meer vir hulle koppie sawwelyf moet betaal. Dit volg na droogtetoestande in Brasilië gevolg deur erge ryp wat landerye verwoes het. Daar word berig dat selfs die jongste plante, wat toekomstige oeste moet oplewer, doodgeryp het. In Colombia, die wêreld se derde grootste koffieprodusent, word politieke onrus blameer vir […]
Man probeer ietermagô-vel aan polisie verkoop - July 26, 2021
Die Namibiese polisie het ‘n geheime operasie by Nkurenkuru uitgevoer en ‘n 30-jarige man is gearresteer vir die besit van ietermagô skubbe en ‘n vel. Die verdagte het volgens berigte dit aan die geheime polisie te koop aangebied en is so vasgetrek. Hy sal na verwagting vandag in die Rundu-landdroshof verskyn.