
Katolieke kerk en Biden verskil oor aborsie - June 19, 2021
Amerika se Katolieke biskoppe stuur op ‘n moontlike botsing met president Joe Biden af, na hulle gestem het om ‘n dokument voor te berei waarin hulle hom kan verbied om die heilige nagmaal te gebruik. Die Amerikaanse Konferensie van Katolieke Biskoppe het aanlyn met mekaar verskil of ‘n dokument saamgestel moet word oor politici wat […]
Suid-Afrika ervaar derde vlaag van Covid-19 erg - June 19, 2021
Nog 118 Suid-Afrikaners het weens die koronavirus in die jongste verslagtydperk van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland gesterf. Tien-duisend-510 nuwe Covid-19 gevalle is gister geïdentifiseer, wat ‘n positiewe koers van meer as 20-persent verteenwoordig. Meer as een-en-half-duisend pasiënte moes tot hospitale toegelaat word. Die meerderheid van die nuwe gevalle is van […]
Verskeie oortreders van Covid-19 noodregulasies tydens Copps 94.1 aangekeer - June 19, 2021
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teen misdaad realiteitsprogram was Vrydagaand weer regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, Auas Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, E-Med Rescue 24 en die Windhoekse Stadspolisie. Die Namibiese Minister van jeug, sport en nasionale dienste, Agnes Tjongarero was gisteraand op grondvlak die gas.Francois Lottering het meer…
Nog ‘n slag vir die Namibiese toerismebedryf - June 19, 2021
Duitsland het bekendgemaak dat Namibië van môre af op die lys van lande geplaas gaan word wat as sogenaamde virus variant gebiede gesien word..Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, het hierop gereageer en dit so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord…
Israel help Palestyne met Covid-19-entstof - June 19, 2021
Israel beplan om meer as een-miljoen dosisse Covid-19-entstof na die Palestynse gebiede te stuur nadat ‘n ooreenkoms tussen die twee owerhede bereik is. Die Pfizer-BioNTech-entstof verval binnekort. In ‘n uitruilooreenkoms wat deur die pas ingesweerde eerste minister van Israel, Naftali Bennett, aangekondig is, sal die Palestyne later vanjaar dieselfde hoeveelheid aan Israel teruggee. Nuusagentskappe berig […]
Nuwe permitte moet bekom word vir essensiële dienste - June 19, 2021
Die Namibiese ministerie van Industrialisasie en Handel het ‘n beroep gedoen op die verskaffers van essensiële dienste om Maandag aansoek te doen vir nuwe permitte wat beweging tussen Windhoek en die landelike kiesafdelings van Okahandja en Rehoboth wat onder inperking is tot 30 Junie sal toelaat. Die ministerie wys in ‘n verklaring daarop dat permitte […]
Lekker groot rugby vandag - June 19, 2021
Die Reënboogbeker-eindstryd vandag tussen die Bulls en Benetton in Treviso, Italië, sal deur sowat een-duisend-500 toeskouers bygewoon word , iets waaraan die Bulls nie meer gewoond is nie, omdat hulle lanklaas voor ‘n skare gespeel het. Dit is ook tans somer in Europa en die span van Pretoria sal by die weer moet aanpas aangesien […]
Zimbabwe vorder goed met Covid-19-inentings - June 19, 2021
Zimbabwe se Covid-19-inentings vorder goed, ondanks uitdagings. Vroeër vandeesmaand het Zimbabwe se regering kritiek ontvang nadat dit ‘n donansie van drie miljoen dosisse van Johnson en Johnson-entstof van die hand gewys het. Owerhede het gesê hulle is nie bereid om die moontlike newe-effekte te hanteer nie. Setfree Mafukidze, ‘n kommentator van Health Factor in Zimbabwe, […]
Steinhoff Investments maak wins - June 19, 2021
Die beleërde internasionale kleinhandel-houermaatskappy, Steinhoff Investments, het ‘n tussentydse wins van 3,4 miljard Namibiese dollar verklaar uit voortgesette bedrywighede. Die tussentydse resultaat is vir die ses maande tot einde Maart. Die resultate toon dat voortgesette bedrywighede met agt persent tot 36,5 miljard Namibiese dollar toegeneem het. Die groep het in dieselfde tydperk verlede jaar ‘n […]
Typerk van rou vir wyle president Kaunda begin vandag met vlae wat halfstok hang - June 19, 2021
President Hage Geingob het aangekondig dat vlae in die land van vandag af tot 25 Junie halfstok moet hang met die sewe dae van rou in Namibië ter ere van die stigterspresident van Zambië, Kenneth Kaunda. Kaunda is Donderdag op 97 jarige ouderdom oorlede. Hy het volgens dr Geingob sy lewe aan die bevryding en […]