Mushara Collection is verkoop - June 3, 2021

Eos Capital het die Mushara Collection naby Etosha Nasionale Park bekom. Ekkehard Friedrich ‘n vennoot by Eos, sê hulle oorweeg dit reeds ‘n geruime tyd om in die toerismesektor te belê.

Read More

Britse tenks ‘n volslae ‘flop’ - June 3, 2021

Die Britse weermag het proeflopies met sy nuwe vloot tenks stopgesit weens kommer oor spoed en veiligheid. Die Ajax gepantserde tenk, wat teen ‘n koste van 66 miljard Namibiese dollar ontwikkel is, het ontwerpfoute wat sy snelheid tot ‘n veilige spoed van slegs 32 kilometer per uur beperk, pleks van die 64 kilometer per uur […]

Read More

Mbandeka moet LPM-aangeleentheid hanteer - June 3, 2021

Die prokureur-generaal Festus Mbandeka sal besluit oor die toekoms van die twee lede van die LPM-party wat uit die Nasionale Raad verwyder is. Gerrit Witbooi en Anseline Beukes is uit die raad verwyder na hulle poste op die Karas Streeksraad gekry het. Die party hou voet by stuk dat die twee partylede wel op beide […]

Read More

Help die Royal Hotel in Pelgrimsrus - June 3, 2021

Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep op die LUR vir Openbare Werke, Paaie en Vervoer in die provinsie gedoen om ‘n plan voor te lê om die 127-jaar-oue Royal Hotel in Pelgrimsrus te red. Die DA sê toe die Mpumalanga regering onlangs vrae beantwoord het, is daar gesê die hotel het in die 2019-2020 […]

Read More

Jeug moet bemagtig word - June 3, 2021

Die LUR van die Departement van Menslike Nedersettings in die Wes-Kaap , Tertuis Simmers, sê tydens Jeugmaand, wat in Junie in die buurland herdenk word, moet die bemagtiging van jong entrepreneurs beklemtoon word. Simmers glo ‘n doelgerigte benadering sal nog jong entrepreneurs skep:

Read More

Estina-verdagtes hoop op - June 3, 2021

‘n Vermeende sleutel-medewerker van die Gupta-familie verskyn vandag in die Landdroshof in Bloemfontein in verband met die omstrede Estina Vrede-melkplaasprojek wat na bewering gebruik is om ongeveer 288 miljoen Namibiese dollar na die Gupta’s te herlei. Die sake-eienaar Iqbal Sharma is gister saam met drie voormalige amptenare van die Vrystaatse Landboudepartement in hegtenis geneem op […]

Read More

Befoeterde olifant sorg vir ‘vermaak’ - June 3, 2021

‘n Werknemer van ‘n gasmaatskappy in Mpumalanga het sosiale media aan die gons na ‘n video versprei is van hom wat met ‘n befoeterde olifant te doen kry. Norman Nukeri het deur die Klaseri-reservaat na die Kruger-wildtuin gery om diesel af te lewer. Die volgende oomblik het ‘n bul hom bestorm en sy bakkie verskeie […]

Read More

Is dit koebaai vir Bibi? - June 3, 2021

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, kan sy pos ná 12 jaar kwyt wees ná opposisiepartye ‘n ooreenkoms bereik het om ‘n nuwe regering saam te stel. Agt faksies het ‘n koalisie gevorm en die hoof van die regsgesinde Yamina-party, Naftali Bennett, sal by Netanyahu oorneem voor hy die leisels aan die leier van die […]

Read More

Weermag sal gesondheid bystaan – minister - June 3, 2021

Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die weermag sal die ministerie van gesondheid bystaan. Dit kom na die aandkondiging deur die uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van gesondheid Ben Nangombe dat hulle bystand van die weermag se medici en fasiliteite aangevra het. Kapofi sê sy uitvoerende direkteur […]

Read More

Kaapse pendelaars weer in die steek gelaat - June 3, 2021

Die DA in die Wes-Kaap is bekommerd oor Kaapstadse spoorpendelaars dié week weereens gestrand is omdat verskeie treindienste nie in bedryf is nie. Die tussentydse provinsiale leier, Albert Fritz, sê Prasa het wéér duisende Kapenaars in die steek gelaat. Hy het die Netreg-stasie in Kalksteenfontein as een van die probleme uitgewys. Fritz sê dié stasie […]

Read More