
Plaasvaanval bewys belangrikheid van wapenbesit - June 28, 2021
Die DA in die buurland sê die aanval op ‘n boer in die Oos-Kaap beklemtoon die belangrikheid dat boere vuurwapens moet besit vir selfverdediging. Die DA-parlementslid, Dianne Kohler Barnard, sê die 34-jarige Darryl Richter het tydens die aanval sy gesin beskerm, maar met sy eie lewe geboet. Ten minste drie aanvallers het hom met messe […]
McHenry toon medelye aan Rukoro, Ngavirue - June 28, 2021
Die president van die PDM-party McHenry Venaani sal vandag die medelye boeke van beide die ontslape opperhoof van die Ovaherero Vekuii Rukoro en die Namibiese regering se spesiale gesant vir die volksmoord onderhandelings dr. Zed Ngavirue onderteken. Sy woordvoerder Roberto Dirkse het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Wits-studente onder erge druk - June 28, 2021
Die Wits-universiteit se studenteraad het versoek dat ‘n vensterperiode van 24-uur tussen alle eksamens ingestel moet word. Dit volg na twee studente op die kampus selfmoord gepleeg het. Die SR sê geestesgesondheid en druk wat studente aan die universiteit ondervind, is bydraende faktore tot die voorkoms van selfmoord onder studente. Die raad het ‘n beroep […]
Internasionale reisagente eis inentings - June 28, 2021
Plaaslike media berig dat internasionale reisagente eis dat personeel by diensverskaffers in die toerisme sektor ingeënt moet wees voor hulle ‘n bespreking vir hulle kliënte maak. Die sektor doen sedert April vanjaar ‘n beroep op almal in die bedryf om so vinnig as moontlik in te ent. Volgens Gitta Paetzold van die Namibiese Gasvryheidsvereniging is […]
Bestaansvissermanne bygestaan om oseaan te bewaar - June 28, 2021
Bestaansvissermanne in beide Namibië en Suid-Afrika maak staat op marienebronne om kos op die tafel te sit. In die Wes-Kaap, is die volhoubare vissery organisasie sonder winsbejag, Abalobi, besig om die vissermanne te help om die oseane te bewaar. ‘n Woordvoerder, Stuart du Plessis, sê wat as ‘n universiteitnavorsingsprojek in 2015 begin het, is nou […]
Onnies by kleuterskole moet ook geënt word - June 28, 2021
Die DA steun die beroep deur die buurland se Vroeëkindontwikkelingsektor vir die dringende inenting van sy werknemers regoor die land. Nes in Namibië is die sektor krities vir die voorbereiding van kinders vir graad R en daar is uitdagings met Covid-verspreiding by die kleuterskole. Alexandra Abrahams van die DA sê die beroep op inentings gaan […]
SA-dranksmouse bitter teleurgesteld - June 28, 2021
Die Nasionale Drankhandelaarsvereniging in Suid-Afrika sê hy maak kapsie teen die regering se besluit om alkoholverkope te verbied sonder om hulle te raadpleeg. Daar is vir die volgende 14 dae ingevolge die vlak-vier-inperking ‘n algehele verbod op die verkoop van drank. Die sameroeper van die vereniging, Lucky Ntimane, sê dit is ‘n reuse-slag vir sommige […]
Allister sluit aan by rugbyspan in Abidjan - June 28, 2021
Die Namibiese nasionale rugbyspan is in Abidjan in die Ivoorkus, om deel te neem aan die RA Gold Cup Poel A-toernooi vanaf 3 tot 11 Julie. Namibië, Madagaskar en Ivoorkus neem aan die toernooi deel. Volgens die tussentydse uitvoerende hoof van die NRU, Theo Grunewald, het die hoofafrigter Allister Coetzee ook reeds by die span […]
Oranjemund sê Namdeb skuld hom N$121m - June 28, 2021
Die Oranjemund-dorpsraad sê Namdeb skuld hom 121 miljoen Namibiese dollar in huurgeld sowel as die verkoop van grond. Luidens berigte is daar in 2018 ‘n ooreenkoms onderteken vir die verkoop van die mynmaatskappy se huise en kommersiële eiendomme en die regering het in Julie 2018 toestemming gegee vir die verkoop van 1 126 erwe. Namdeb […]
Trump moedig kiesers aan om meerderheid vir Republikeine te gee - June 28, 2021
Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump het mense aangemoedig om die Republikeine te help om die meerderhede in die Kongres vir die 2022-middeltermynverkiesings terug te wen. Hy het die naweek by ‘n verkiesingsveldtog in Ohio se Lorain County Fairgrounds die eerste keer sedert hy die Withuis verlaat het, ‘n toespraak gelewer. Trump het ‘n teenstander […]