
Monica Geingos: Stop homofobie - May 21, 2021
Die Eerste Dame van Namibië, Monica Geingos, het op Twitter geskryf die verourderde Wet op Sodomie moet geskrap en homofobie gestop word. Sy skryf die Wet op Sodomie word vir meer as die afgelope 20 jaar nie toegepas nie, want dit skep grondwetlike wrywing met die reg tot privaatheid.
SA: Drie beseer in ontploffing by substasie - May 21, 2021
Nooddienspersoneel in KwaZulu-Natal sê minstens drie mense is beseer tydens ‘n ontploffing by ‘n substasie in Kloof. Die presiese oorsaak van die ontploffing is nog nie bekendgemaak nie omdat owerhede met ondersoeke voortgaan. ER 24 se Woordvoerder, Russel Meiring …
Lady Gaga glo op 19 verkrag - May 21, 2021
Die Amerikaanse bekroonde sangeres Lady Gaga het tydens die 1ste episode van Prins Harry en Oprah se reeks oor geestesgesondheid gesê dat sy op 19 jaar swanger geraak het nadat ‘n musiekvervaardiger haar verkrag het. Sy wil nie sy naam bekend maak nie, berig internasionale media.
Reis met twee paspoorte onwettig - May 21, 2021
Die Namibiese Minister van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit maan Namibiërs teen die gebruik van twee paspoorte. Volgens die Ministerie is dit onwettig om met twee paspoorte te reis.
Shikongo wil veediewe, stropers vasvat - May 21, 2021
Generaal-Majoor Joseph Shikongo van die Namibiese Polisie het die afgelope weke vergaderings met boere in verskeie streke gehad om veediefstal en wildstropery te takel. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Nampol wil polisie-operasies op plase verhoog en markte van gesteelde vleis moet geïdentfiseer word. Hy is ook verheug oor die vyf vermeende veediewe wat […]
SA: Kommer oor Q-koors by skape - May 21, 2021
Q-koors kom al meer by skape in Suid-Afrika voor en boere moet goed na die simptome oplet, sê Dr. Faffa Malan, Bestuurder by die Herverkouer-veterinêre Vereniging. ‘n Skielike toename in aborsies behoort die gevaarligte te laat flikker. Volgens Suid-Afrikaanse landboumedia hou Q-koors ook gevaar vir mense in.
Wes-Kaap verbind tot biodiversiteit - May 21, 2021
Die Wes-Kaapse regering sê hy het sy verbintenis tot die bewaring van biodiversiteit versterk deur die Edinburgh-verklaring voor môre te onderteken wanneer dit Internasionale Dag vir Biologiese Diversiteit is. Die LUR vir Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die verklaring beteken en versterk die sub-nasionale regerings se gesamentlike verbintenis om die Verenigde Nasies se Konvensie […]
Trofeejag in Namibië tel op - May 21, 2021
Die President van die Namibië Professionele Jagtersvereniging, Danene van der Westhuyzen, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê trofeejag is besig om op te tel. Die trofeejagseisoen het vanaf 1 Februarie begin en jagters is begin weer reis, alhoewel daar steeds reisbeperkings vir sekere lande is. Sy sê die jagbedryf is nog nie waar dit moet […]
Namibia Equal Rights gaan Ombudsman toe - May 21, 2021
Namibia Equal Rights is ‘n koalisie van individue en organisasies wat daartoe verbind is om die grondwetlike belofte van gelykheid tot sy volle menseregte vir LGBTQ + Namibiërs te verwesenlik. Dit is vir Namibia Equal Rights ‘n groot verleentheid dat die Swapo-jeugliga sy homo-transfobiese houding uitspreek. Equal Namibia sê as die Parlement slegs die Swapo […]
Skenk bloed - May 21, 2021
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië verseker dat die korona-virus nie deur bloedskenkings oorgedra word nie. Die Woordvoerder, Titus Shivute, moedig Namibiërs aan om bloed te skenk, veral tydens die winterseisoen, wanneer bloedskenkings daal.