
Jeff en kie opgewonde vir ruimtevaart vandag - July 20, 2021
Die stigter van Amazon, Jeff Bezos, sê hy is opgewonde oor sy ruimtereis vandag met sy maatskappy Blue Origin se eerste bemande vlug van die New Shepard-vuurpyl. Hulle lanseer om half-een vanmiddag, plaaslike tyd, naby Van Horn in die weste van Texas. Hy word vergesel deur sy broer Mark, die tagtigjarige lugvaartbaanbreker Wally Funk en […]
Covid laat skoolkinders wees - July 20, 2021
Nadat die Namibiese adjunk-onderwyserminister Faustina Caley haar kommer uitgespreek het oor die sielkundige uitwerking van talle leerders wat weens die Covid-sterftes van hul ouers weeskinders word, het die Namibië Nasionale Studente-organisasie, oftewel Nanso se woordvoerder, Esther Shakela, ook gesê sy is bevrees oor die tol wat die pandemie op studente gaan eis. Die studenteraad het […]
Taxi-geweld mag nie inwoners in gevaar stel nie – Winde - July 20, 2021
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê dit is eenvoudig onaanvaarbaar dat ‘n dispuut oor taxi-roetes nou die welstand en veiligheid van inwoners in gevaar stel. Ondanks ‘n ingryping deur die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, kon taxi-verenigings nog nie ‘n ooreenkoms bereik nie. Dit het tot verskeie skietvoorvalle aanleiding gegee met pendelaars wat in sommige […]
Voormalige Brave Warriors dokter sterf in tronk - July 20, 2021
Die voormalige chiropraktisyn van die Brave Warriors, Gerson Kandjii is in aanhouding op Gobabis aan Covid-komplikasies oorlede. Kandjii, 56, was in aanhouding op klagte van die stropery van twee renosters op ‘n plaas in die gebied. Die insident het na bewering in Desember 2016 voorgekom en hy is saam met twee medebeskuldigdes op 29 Desember […]
SPYL-leier verskyn op korrupsie-klagte - July 20, 2021
Sylas Mungoba, 34, sal op 2 Augustus ‘n formele borgaansoek bring nadat hy op klagte van korrupsie en dwarsboming van die gereg verskyn het. Mungoba, wat deel vorm van die Swapo Jeugliga Khomas leierskap en die assistent is van die adjunkminister van stedelike ontwikkeling Natalia /Goagoses, word daarvan beskuldig dat hy die Affirmative Repositioning-beweging probeer […]
Britse ‘Vryheidsdag’ kan altyd omgekeer word – Boris - July 20, 2021
Die Britse eerste minister, Boris Johnson, sê hy kan nie waarborg dat die regering se plan vir die beëindiging van die Covid-19-inperkings onomkeerbaar gaan wees nie. Bykans al die beperkings in Engeland is opgehef insluitend beperkings op die getal mense by byeenkomste en nagklubs het ook hulle deure heropen. Die Verenigde Koninkryk het meer as […]
Kommer oor Zim se welstand na 2020-inperkings weer ingestel is - July 20, 2021
Regtegroepe in Zimbawe is bekommerd oor weerlose groepe nadat owerhede nuwe, streng Covid-inperkingsmaatreëls ingestel het. Die beperkings volg nadat Zimbabwe se infeksies die afgelope week verdubbel het. Monica Mutsvangwa, Zimbabwe se inligtingsminister het gesê die onlangse styging in Covid-gevalle, het owerhede gedwing om strenger maatreëls in te stel. Eddie Cross, ‘n ekonoom in Zimbabwe gesels […]
Pastoor pleit vandag in verkragtingsaak - July 20, 2021
Die verkragtingsaak teen pastoor Joe Diergaardt, voorheen van die Rynse Evangeliese Lutherse Kerk, duur vandag in die Windhoek-landdroshof in Katutura voort. Volgens Diergaardt se regsverteenwoordiger, Garth Joseph, sal hy ‘n voorlopige pleitverduideliking by die hof indien. Na verwagting sal die saak ook na ‘n hoër hof, die streekshof of die hoërhof, verskuif word. Diergaardt staan […]
Whk: nuwe grond vir behuising geïdentifiseer - July 20, 2021
Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, het gesê die stad het grond in Otjomuise geïdentifiseer waarheen mense wat in informele nedersettings woon, verskuif sal word. Hy het dit gesê tydens die oorhandiging van een van die 131 huise wat tot dusver gebou is onder die informele nedersettingsopgradering van die loodsprojek vir bekostigbare behuising in […]
‘SA het hervormende leierskap nodig’ - July 19, 2021
Suid-Afrika het nou hervormende leierskap nodig terwyl die samelewing en gemeenskappe nie op die regering staatmaak vir aalmoese nie, maar hulle eie maatskaplike strukture gebruik om Suid-Afrika te herbou. Dit is die mening van een van die Wes-Kaap se bekendste sosioloë en gemeenskapsbouers, Quinton Adams, ná een van die donkerste weke in die land se […]