
Israelse maatskappy spioeneer, maar vir wie? - July 19, 2021
‘n Reuse data-lekkasie het 50-duisend telefoonnommers blootgestel as moontlike teikens van die Israelse waarnemingsmaatskappy, die NSO-groep. Dit sluit staatshoofde, aktiviste en joernaliste in. The Guardian en 16 ander media-organisasies het die ondersoek gedoen. Indien die NSO se Pegasus-spioenware ongemerk op slagoffers se telefone geïnstalleer word, gee dit die aanvaller volledige toegang tot alle boodskappe, e-posse, […]
SPYL-leier sal dalk verskyn na omkoop-poging - July 19, 2021
Dit is nie bekend of die assistent van ‘n minister vandag in die hof sal verskyn of nie. Die man, wat ook ‘n leier van die Swapo-jeugliga is, is gearresteer nadat hy na bewering gepoog het om ‘n lid van die Affirmative Repositioning-beweging om te koop. Volgens die Teenkorrupsie-kommissie wou die verdagte gehad het die […]
In besit van geplunderde goedere? Jy sal gearresteer word - July 19, 2021
Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Inligtingstruktuur in Suid-Afrika sê ‘n totaal van 3 407 verdagtes is op verskeie klagtes in hegtenis geneem sedert die geweld ‘n week gelede in KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het. Slegs een het borgtog gekry en 1 122 sal na verwagting in verskillende howe verskyn. Mathapelo Peters van die polisie sê […]
Sandstorms aan die kus - July 19, 2021
Die weskus het die afgelope naweek slegte winderige weer beleef. Dit was so erg dat padgebruikers gewaarsku is om baie versigtig te ry. Daar word vermoed dat dit vandag kan voortduur. Andreas Thieman woon aan die kus.
So lyk Covid vandag - July 19, 2021
Volgens die jongste statistiek van die Namibiese gesondheidsministerie is daar 743 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Die meeste van die nuwe gevalle is in die Erongo-streek met 15 persent, gevolg deur Kavango-Oos met 13 persent. Die positiewe koers is 31 persent. Onder die nuwe gevalle is 83 leerlinge, 12 studente en ses gesondheidswerkers. […]
Britte is vandag vry, al is daar 50 000 gevalle daagliks - July 19, 2021
‘n Britse minister sê die derde vlaag van die Covid-pandemie in die land sal na verwagting eers laat volgende maand, of dalk vroeg in September, sy hoogtepunt bereik. Die minister van Behuising, Gemeenskappe en Plaaslike Regering Robert Jenrick sê gevalle neem steeds toe. Meer as 50 000 nuwe gevalle is daagliks oor twee agtereenvolgende dae […]
Marriage Tips To Choose your Spouse Come to feel Satisfied And Acquainted - July 19, 2021
Wedding planning is among the most important measures in the entire wedding ceremony process, but it really can also be probably the most daunting ones! With so many effective marriage recommendations available in an individual place, planning for a wedding does not need to become all that tremendous! Planning for the marriage takes time and […]
Dan Craven gaan nie aan die Olimpiese Spele deelneem nie - July 18, 2021
Die Namibiese Nasionale Olimpiese komitee het bekendgemaak dat die bekende fietsryer Dan Craven, nie aan die 2021 Olimpiese Spele in Japan sal deelneem nie. Die rede is dat hy positief getoets het vir Covid-19 voor sy vertrek na Japan. Dit sou Craven se derde Olimpiese Spele gewees het. Die komitee het Craven bedank vir sy […]
Soektog na oorlewendes in Wes-Europa duur voort - July 18, 2021
Terwyl ‘n skoonmaakoperasie aan die gang is, is reddingswerkers steeds op soek na oorlewendes en slagoffers van die grootste oorstromings in menseheugenis wat Wes-Europa getref het. Meer as 150 mense is dood en nog talle meer word vermis. Terwyl die weste van Duitsland die swaarste getref is, het België, Luxemburg en Nederland ook erg onder […]
Duisende dosisse Covid-19 enstowwe in Afrika vernietig - July 18, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bekendgemaak dat 450 000 dosisse Covid-19 enstowwe in 9 Afrikalande vernietig moes word. Dit is volgens die WGO weens vertragings met die verskeping van die AstraZeneca-entstowwe wat ‘n kort rakleeftyd het. Die WGO se Afrika-streek sê die vasteland het die afgelope tyd die meeste Covid-19-gevalle ooit aangeteken. 5,8 Miljoen bevestigde Covid-19-gevalle is […]