
Probleme met muise in Onhangwena-streek duur voort - June 26, 2021
Die goewerneur van die Onhangwena-streek, James Uerikua, sê die muisprobleem in die streek bly sedert verlede jaar ‘n uitdaging. Die muise rig skade aan gewasse, gestoorde graan en veevoer aan. Hy sê die muise dra ook ‘n gesondheidsrisiko. Uerikua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Motorfietsgemeenskap hou vandag Prayer Warrior Ride teen die Covid -19 –pandemie - June 26, 2021
Die motorfietsgemeenskap van Windhoek gaan vandag ‘n Prayer Warrior Ride hou teen die Covid-pandemie.Dit is die inisiatief van motorfietsryers Natascha van Heerden en Reinhard Redecker waartydens motorfietsryers by verskeie hospitale gaan aandoen en vir pasiën te bid. Redecker het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Bulle klop die Pumas naelskraap op Loftus - June 26, 2021
Rugby: Ná die skoknederlaag in die eindstryd van die Reënboogbeker in Italië het die Blou Bulle gisteraand hulle staal gewys met ‘n bonuspunt-oorwinning van 32-27 in ‘n Curriebekerwedstryd teen die Pumas op Lofuts Versfeld. Die besoekers was teen rustyd met 17-3 voor. Die verdedigende kampioene het verlede week hulle openingswedstryd teen die Westelike Provinsie verloor […]
Uitspraak van Ace Magashule-saak voorbebou - June 26, 2021
Die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die aansoek wat die beleërde sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, teen die party oor sy skorsing ingedien het. Regter Jody Kollapen het onderneem om die uitspraak so gou moontlik te lewer, want die aansoek is as ‘n saak van dringendheid ingedien. Magashule wil sy skorsing […]
Daar is druk op die voorraad Covid-19 enstowwe in die land - June 26, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat daar druk op die beskikbare voorraad van AstraZeneca en Sinopharm entsof in die land ervaar word asgevolg van ‘n vertraging met die aflewering van nuwe voorraad.Inentings sal steeds volgens die ministerie voortgaan.
What exactly Sugar Baby Looking For? - June 26, 2021
There are a few different types of women of all ages that you can fulfill through sugar searching arrangements dating. Many people are looking for a little bit of you can look here extra support, and a sugar romantic relationship can be a great way to do that. A sugar Daddy is a wealthy man […]
Brakwater-inwoners kry tussentydse reëling vir munisipale tariewe - June 25, 2021
Die munisipale raad van Windhoek het die versoek van werksgroepe van die Stad Windhoek en Brakwater-inwoners goedgekeur om tot 31 Oktober voort te gaan met ‘n tussentydse reëling vir tariewe en belasting en afvalbestuurstariewe vir Brakwater-eienaars. Brakwater-eiendomme was as sake-eiendomme gesoneer is, is uitgesluit van dié tussentydse reëling. Konsultasies tussen die partye is deur die […]
Koshuise met skoolvoedingsprogramme sal bykomende rantsoene kry - June 25, 2021
Die Namibiese onderwysministerie sal geraakte leerders van koshuise wat afhanklik van die skoolvoedingsprogramme is, met bykomende rantsoene voorsien nadat skole die inisiatief geneem het om dit na twee maaltye per dag te verhoog. Die uitvoerende direkteur van die ministerie, Sanet Steenkamp, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Geen besoeke aan Katutura-staatshospitaal - June 25, 2021
Katutura-staatshospitaal in Windhoek het alle besoeke aan pasiënte weens die stygende Covid-infeksies opgeskort. Die hospitaal se superintendent, dr. Nelago Amugulu het gesê geen besoekers sal vanaf vandag tot verdere kennisgewing toegelaat word nie. Suster Manga Libita, ‘n woordvoerder van die Namibiese gesondheidsministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Iran is verantwoordelik vir Ukraine International Airlines se ongeluk - June 25, 2021
Iran is ten volle verantwoordelik vir die neerstort van Ukraine International Airlines se vlug PS752 in 2020, waarin 176 mense gesterf het. Daar is egter nie bewyse dat dit met voorbedagte rade gedoen is nie, toon ‘n verslag van die regering in Kanada.