Euro 2020: Dis Engeland teen Oekraïne - June 30, 2021

Engeland sal Saterdag teen Oekraïne in die kwarteindstryd van die 2020 Europese Kampioenskap in Rome te staan kom. Doele deur Raheem Sterling en Harry Kane het aan Engeland ‘n geskiedkundige twee-nul oorwinning oor Duitsland in die Wembley-stadion in Londen besorg. Dit is Engeland se eerste oorwinning teen Duitsland in ‘n mededingende wedstryd in dié stadion […]

Read More

So lyk beweging van slange in stedelike gebiede… - June 30, 2021

Tussen 4 000 en 30 000 mense sterf jaarliks in Afrika Suid van die Sahara aan slangbyte. Professor Morgan Hauptfleisch, hoof van die Biodiversiteit-navorsingsentrum van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, en twee van sy studente Ignatius Sikongo en Francois Theart is besig om waardevolle navorsing oor slange te doen. Theart, ‘n bekende slangvanger […]

Read More

IPC skors sy Whk-raadslid - June 30, 2021

Die Independent Patriots for Change het sy partylid, Desiree Davids, wat as raadslid vir Windhoek dien, geskors. Dit volg na berigte in ‘n plaaslike koerant daar haar aansoek om grond voordeel getrek het en vinniger verwerk is. Die party het in ‘n verklaring gesê dat ‘n komitee saamgestel is om ondersoek na die aantygings in […]

Read More

Entstowwe het geen impak op dekking by verskering nie – Namfisa - June 30, 2021

Die Namibiese toesighoudende owerheid vir finansiële instellings Namfisa het bevestig dat enige sterfgeval of ernstige newe-effekte van die Covid-entstof wel in Namibië dekking deur lewens versekeraars ontvang. Die owerheid sê hy het met kommer verneem van plasing op sosiale media dat daar geen dekking is nie omdat die entstof nie goedgekeur is nie. Namfisa sê […]

Read More

Shiimi sê beperking van beweging belangrik teen Covid - June 30, 2021

Die Namibiese minister van finansies Ipumbu Shiimi was in gesprek met Richard Quest van die Amerikaanse nuuskanaal CNN. Terwyl die onderhoud eintlik oor olie-eksplorasie in die Kavango-bekken en waterstof-energiebronne gehandel het, het Quest Shiimi gevra wat sy mening oor inperkings is, veral na die goewerneur van die sentrale bank Johannes !Gawaxab sy teenkanting daaroor uitgespreek […]

Read More

Vlak-agt waarskuwing vir die Wes-Kaap vandag - June 30, 2021

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n vlak-agt waarskuwing uitgereik vir die binneland van die Wes-Kaap en die kusgebied van Saldanhabaai. Storm-sterk winde sal voorkom soos James-Brent Styan, woordvoerder van die Wes-Kaapse regering verduidelik.

Read More

Japanse ‘Swart Weduwee’ op pad galg toe - June 30, 2021

‘n Vier-en-sewentigjarige Japanese reeksmoordenaar is op pad galg toe nadat sy haar finale appèlaansoek teen haar doodstraf verloor het. Chisako Kakehi, wat die Swart Weduwee gedoop is, is in 2017 skuldig bevind aan die moord op drie van haar lewensmaats en poging tot moord op ‘n vierde. Daar is bevind sy het miljoene uit haar […]

Read More

Delta: ons sal Vrydag weet of hy hier is - June 30, 2021

Terwyl daar kommer regoor die wêreld is oor die Delta-variant van Covid, wat tot 60 persent meer aansteeklik is as die oorspronklike vorm van die virus, sal Namibië volgens berigte eers teen Vrydag weet of dit wel plaaslik teenwoordig is. Die Universiteit van Namibië doen op die oomblik die nodige toetse. Intussen het die uitvoerende […]

Read More

Covid: grootste impak op Namibiese jeug - June 30, 2021

Volgens voormalige Namibiese eerste minister, Nahas Angula, het voorspel dat die Namibiese werklose jeug ernstige uitdagings gaan hê om die Covid-19-pandemie te oorleef. Angula het bygevoeg dat die ekonomie ook nie gunstig is nie, maar daar moet nou gefokus word om lewens te red en goeie gesondheid te bevorder. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Brandstofprys op met 40-sent ‘n liter - June 30, 2021

Die Namibiese ministerie van myne en energie kondig ‘n 40-sent verhoging in die petrol- en dieselprys aan. Die verhoging tree om 7 Julie in werking. Opul+ vergader môre en dit is onseker wat die olie-produsente sal beslis veral in die lig van die verspreiding van die hoogs aansteeklike Delta-variant regoor die wêreld. Dit bemoeilik voorspellings […]

Read More