
Wes-Kaap verbind tot biodiversiteit - May 21, 2021
Die Wes-Kaapse regering sê hy het sy verbintenis tot die bewaring van biodiversiteit versterk deur die Edinburgh-verklaring voor môre te onderteken wanneer dit Internasionale Dag vir Biologiese Diversiteit is. Die LUR vir Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die verklaring beteken en versterk die sub-nasionale regerings se gesamentlike verbintenis om die Verenigde Nasies se Konvensie […]
Trofeejag in Namibië tel op - May 21, 2021
Die President van die Namibië Professionele Jagtersvereniging, Danene van der Westhuyzen, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê trofeejag is besig om op te tel. Die trofeejagseisoen het vanaf 1 Februarie begin en jagters is begin weer reis, alhoewel daar steeds reisbeperkings vir sekere lande is. Sy sê die jagbedryf is nog nie waar dit moet […]
Namibia Equal Rights gaan Ombudsman toe - May 21, 2021
Namibia Equal Rights is ‘n koalisie van individue en organisasies wat daartoe verbind is om die grondwetlike belofte van gelykheid tot sy volle menseregte vir LGBTQ + Namibiërs te verwesenlik. Dit is vir Namibia Equal Rights ‘n groot verleentheid dat die Swapo-jeugliga sy homo-transfobiese houding uitspreek. Equal Namibia sê as die Parlement slegs die Swapo […]
Skenk bloed - May 21, 2021
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië verseker dat die korona-virus nie deur bloedskenkings oorgedra word nie. Die Woordvoerder, Titus Shivute, moedig Namibiërs aan om bloed te skenk, veral tydens die winterseisoen, wanneer bloedskenkings daal.
DA bevraagteken veilings van eiendomme - May 21, 2021
Die DA wil weet waarom meer as 1 800 vaste eiendomme opgeveil gaan word. Dit volg nadat die uitvoerende hoof van die Noordwes-behuisingskorporasie, Sello Mogodiri, aangekondig het hy is van voorneme om die eiendom op te veil in ‘n poging om bedryfskostes te verlaag. Die party sal die maatskappy vyf dae tyd gee om te […]
Eskom-sage draai in Londense hof - May 21, 2021
Die Westminister-landdroshof in Londen in die Verenigde Koninkryk het bepaal die uitleweringsverhoor van die voormalige Eskom-kontrakteur, Michael Lomas, sal op 20 en 21 Desember plaasvind. Lomas is verlede maand in hegtenis geneem weens beweerde bedrog in ‘n multi-miljoen Namibiese dollar onderduimse kontrak. Vier ander Suid-Afrikaners is ook in hegtenis geneem en sal na verwagting in […]
SA se uitvoer van sagtevrugte styg - May 21, 2021
Suid-Afrika se produsente-organisasie vir sagtevrugte, Hortgro, sê kwekers sien uit na goeie verkope terwyl Suid-Afrika se appels en pere uit die Wes-Kaap in die Verenigde Koninkryk op die mark begin kom. ‘n Woordvoerder sê die meeste steenvrugte uit Suid-Afrika is vanjaar per boot eerder as per vliegtuig uitgevoer. Suid-Afrika het vanjaar 71 persent meer pruime […]
Vermeende glyjakkals-paartjie borgtog geweier - May 21, 2021
‘n Jong paartjie wat glo vals aanlyn betalings aan Namibiese lodges in die Noordooste gemaak het, het in die Rundu-landdroshof verskyn. Die 28-jarige Nel Francois Strydom, en sy 38-jarige meisie, Christa Valencia Diergaart, is by Divundu in hegtenis geneem nadat hulle glo nie hul verblyf betaal het nie. Staatsaanklaer Helvi Gorases het borgtog teengestaan nadat […]
Gigaba sê hy en Guptas was nie onderduims - May 21, 2021
Die gewese Suid-Afrikaanse Minister van Finansies, Malusi Gigaba, sê sy interaksie met die Gupta-familie beteken nie daar was enige onderduimse ooreenkomste nie. Hy getuig voor die Staatskapingskommissie om te reageer op sommige van die opspraakwekkende getuienis wat sy vervreemde vrou, Norma Mngoma, voor die kommissie gelewer het. Sy het getuig dat sy en Gigaba dikwels […]
Kosbank kan meer as 1,7 miljoen maaltye voorsien - May 21, 2021
Die lewensreddende voedselhulp wat deur Suid-Afrika se grootste kosbank, FoodForward SA, voorsien word, het ‘n noodsaaklike kontantinspuiting van 1 miljoen Namibiese dollar by Coronation Fund Managers ontvang. Die direkteur van FoodForward SA, Andy du Plessis, sê dit sal help om meer as 1,7 miljoen maaltye aan meer as ‘n duisend begunstigde organisasies te skenk. Du […]